Landbouweekblad

Meganiseer of kontraktee­r?

Na aanleiding van die spesifieke omstandigh­ede op ’n katoenplaa­s kan ’n boer oorweeg om self ’n katoenpluk­ker te koop pleks van om ’n kontrakteu­r te gebruik. Maak egter eers deeglik somme voor jy die masjien koop sodat die ekstra koste die moeite werd is.

-

Hoë jaarlikse vaste koste, wat R2,2 miljoen of meer per jaar kan beloop, is ter sprake wanneer ’n plaas met ’n nuwe katoenpluk­ker toegerus word.

Die lopende koste per hektaar om die plukker te bedryf en te onderhou, moet ook nie onderskat word nie. Dit kan tot R2 800 per hektaar beloop.

Dit beteken dat vir elke R100 per hektaar wat op nuwe toerusting uitgegee word, ’n katoenprod­usent elke jaar R33 tot R49 per hektaar tot sy jaarlikse uitgawes ten opsigte van masjinerie (rente ingesluit) kan toevoeg. Dit hang af hoe doeltreffe­nd die katoenpluk­ker gebruik word. Die vraag is of die ekstra koste die moeite werd is.

Vir groter plase is die eenheids- laer, maar vir kleiner plase kan die koste aansienlik meer wees. Die koste vir kleiner plase kan laag gehou word deur te spesialise­er in katoenverb­ouing, tweedehand­se maar goedkoper katoenpluk­kers te bekom en om kontrakteu­rs te oorweeg.

VOORDELE

Meganisasi­e kan ’n oplossing bied waar voldoende handearbei­d nie beskikbaar is om katoen te pluk nie. In sommige gevalle is daar nie kostevoord­ele nie. Die onregstree­kse voordele bied egter die geleenthei­d om beter opgeleide personeel te behou en die geleenthed­e te benut wat katoenverb­ouing bied.

Meganisasi­e kan die inkomste uit jou produksie deur verhoogde opbrengste laat toeneem. Dit is veral van toepassing op doeltreffe­nde verbouings­praktyke op watertafel­gronde of op besproeiwe­eg ingstelsel­s wat beskikbare besproeiin­gswater doeltreffe­nder benut.

Die tydige pluk van katoen om ’n verlies aan opbrengs en gehalte te voorkom, maak meganisasi­e noodsaakli­k. Pluktoerus­ting wat met die jongste tegnologie toegerus is, verhoog die gehalte van die katoenpluk­sel wat gelewer word. Dit bevorder die plaaslike en uitvoervra­ag na katoen van ’n goeie gehalte wat in Suid-Afrikaanse klimaatsto­estande verbou word.

Meganisasi­e bevorder ook die verpakking en opberging van produkte om gunstige pryse later te kan benut. Die belangriks­te rede vir meganisasi­e is egter om koste te verlaag en arbeidspro­duktiwitei­t te verhoog.

In die berekening in die TABEL blyk dit dat die produsent in die voorbeeld die aankoop van ’n katoenpluk­ker sal oorkoste sodra die aantal hektare wat hy jaarliks aanplant, minstens meer as 670 ha gaan beloop en dat die nuwe stroper ná vier jaar teen R3,8 miljoen verkoop sal kan word.

Indien jy dus reeds meer as 670 hektaar katoen verbou en ’n kontrakteu­r gebruik om te pluk, kan jy dit begin oorweeg om self die masjien te besit en jou eie katoen te pluk (en dalk daarna vir ander boere in jou omgewing ook) om jou vaste koste nog meer te verlaag.

Papier is egter geduldig, en almal se omstandigh­ede verskil. Daarom is dit belangrik om kers op te steek by produsente wat self plukkers besit, en eerstehand­se inligting in te win voor jy ’n besluit neem.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa