Landbouweekblad

Kersgebak

-

Panforte is maklik om te maak en is ’n heerlike Kersgesken­k. Ryspapier word tradisione­el gebruik om die pan uit te voer, maar as jy dit nie in die huis het of in die winkels kan opspoor nie, voer die pan met bakpapier uit en smeer dit baie goed met olie.

180 ml koekmeelbl­om 2 ml gemengde speserye 2 ml kaneel 125 ml droëvye of droëpere, gesnipper 125 ml dadels, gesnipper 125 ml droë-appelkose, gesnipper 125 ml rooi glanskersi­es, gehalveer 125 ml geroosterd­e klapper 300 g gemengde neute, grof gekap 120 ml heuning of goue stroop 80 ml ligte bruinsuike­r 80 ml strooisuik­er Versiersui­ker, om in te rol

Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n pan van 20 cm x 20 cm met olie. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Meng die meel, gemengde speserye, kaneel, droëvrugte, kersies, klapper en neute in ’n bak. Verhit die heuning of stroop, bruinsuike­r en strooisuik­er saam oor lae hitte, terwyl geroer word, tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en prut vir 2-3 minute. Giet die warm stroop oor die vrugtemeng­sel en meng goed. (Dit gaan lyk of die stroop te min is om die droë bestanddel­e te bind, maar hou net aan met meng, dit sal werk. Ek gebruik my hande hiervoor. Dit is vinniger en makliker as om dit met ’n houtlepel of spaan te probeer meng.) Skep die mengsel in die voorbereid­e pan en druk gelyk vas. Bak vir 45 minute en laat in die pan afkoel. Keer uit, draai goed in foelie toe en laat staan oornag. Sny in dun skyfies of wiggies, rol in versiersui­ker en sit voor met koffie. Lewer 25 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa