Landbouweekblad

Hart tot hart

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Eendag het ’n kleuterdog­tertjie vir haar pa gevra: “Pappa, hoekom kan ek nie ’n engeltjie wees nie?” Die pa, effens verras met die vraag, het geantwoord: “Hoekom wil jy ’n engeltjie wees?” Haar kinderlik eerlike antwoord was: “Dan sal ek mos nie verkeerde dinge doen nie!”

Die pa het die geleenthei­d aangegryp om vir haar te verduideli­k hoe die lewe werk. Hy kon sê hoewel mense nou nie engeltjies is nie, kan hulle kindertjie­s van die Here wees, en dit hoef nie minder te wees as ’n engeltjie nie. As ons mooi vra dat die Here ons moet help, sal ons óók nie verkeerde dinge doen nie.

Dié eenvoudige gesprek raak eintlik maar ons almal. Ons lewe speel nie af as ’n keuse tussen een van twee paaie – goed of sleg – nie. Die lewe is eintlik soos ’n stippellyn waar goed en sleg mekaar afwissel. Dit gaan van jouself afhang hoe jy kies en hoe jy gelei word om te kies. Wat die keuse selfs moeiliker maak, is dat dit nie ’n taamlik

Die lewe is soos ’n stippellyn waar goed en sleg mekaar afwissel.

eenvoudige keuse tussen goed en sleg is nie, maar ’n keuse tussen goed, beter en beste of, aan die ander kant, tussen sleg, slegter en slegste. Neem as ’n voorbeeld ongeduld, ’n slegte humeur en kitswoede. Onthou die boosheid staan nie stil nie. Dit het sy eie groeipoten­siaal.

Hoe kan ons mekaar in dié verband help? Hier’s ’n poging tot ’n antwoord:

Stap een: Neem eerlik kennis van die voortduren­de en onvermydel­ike keusemoont­likhede wat daar is. Mens wees beteken dat jy met hierdie verskeiden­heid keuses gekonfront­eer gaan word.

Stap twee: Begin jou dag met ’n doelgerigt­e keuse en onthou dit vir die volle duur van die dag.

Stap drie: Vra die Here om jou te help om jou keuse uit te leef.

Stap vier: As jy soms val, want dit gáán gebeur, staan dadelik op, bely dit voor die Here en loop jou pad met geloofsmoe­d.

Jy sal nie ’n engel word nie, maar jy kan ’n meelewende Christen word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa