Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

NÁ net drie dae se bespreking sou die ANC sy meerderhei­dstem gebruik om aan te beveel dat die Grondwet gewysig word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, en daarmee is die eerste been van die parlementê­re proses vir ’n grondwetwy­siging afgehandel. Binne die grondwetli­ke hersiening­skomitee was daar geen ruimte vir die bereik van konsensus of kompromieë nie. Die komitee is ooglopend volgens rassegrond­e verdeel, met die partye wat die wysiging teenstaan (die DA, Cope en die ACDP) wat meer wit is, en die ANC en EFF, wat dit steun, wat oorwegend swart is.

Die tweede deel van die proses sal later begin wanneer die Parlement komitees saamstel om die wysiging te skryf. Dit sal waarskynli­k eers ná die verkiesing in 2019 wees, want parlementê­re prosesse kan nie van een parlement na ’n volgende oorgedra word nie.

Opposisiep­artye sê die ANC se besluit om deur te druk met die bespreking, sonder behoorlike oorweging van die geskrewe voorleggin­gs, sal hom in die hof duur te staan kom. Nagenoeg 600 000 geskrewe voorleggin­gs is ontvang, waarvan die meeste die besluit teengestaa­n het. ’n Eksterne maatskappy is aangestel om hierdie voorleggin­gs te verwerk, maar daar is nou verdeeldhe­id daaroor of dié maatskappy se verslag oor die voorleggin­gs wel aangeneem is. Dit lyk dus of die Parlement die sienings van die publiek nie behoorlik oorweeg het nie.

’n Hofaansoek om die besluit ten gunste van die grondwetwy­siging te laat hersien, kan die wysiging aan die Grondwet jare lank laat sloer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa