Landbouweekblad

PLAASMOORD­E: RAMAPHOSA PROBEER UITSPRAKE VERDUIDELI­K

-

Pres. Cyril Ramaphosa is bereid om aan families wat geliefdes weens plaasmoord­e verloor het, te verduideli­k wat hy bedoel het met sy uitsprake oor plaasmoord­e vroeër vanjaar. Ramaphosa het in September in ’n onderhoud met Bloomberg by die Verenigde Nasies in New York gesê dat daar “geen moord op boere” in Suid-Afrika plaasvind nie.

Die stelling is gemaak in reaksie op ’n vraag wat aan hom gestel is oor die Amerikaans­e president Donald Trump se vroeëre twiet.

Hy het in ’n vraag-en-antwoordse­ssie in die Parlement gesê baie mense het nie mooi verstaan wat hy vroeër gesê het nie. “Ek het gereageer op pres. Trump se twiet waarin hy gesê het wit boere en wit mense word vermoor. Ek het gesê nee, dis nie waar nie.”

Ramaphosa sê hy het verwys na die feit dat wit boere én swart mense op plase vermoor word. “Dit is die werklikhei­d waarin ons leef. Die aantal moorde in ons land kwel my en behoort ons almal te kwel. Ek sal dit nooit kategorise­er as net wit moorde nie. Mense van alle rasse word vermoor. Ek moet totaal nie-rassig wees as ek daarop reageer.”

HETTIE VAN DYK

skryf: Wat kan ’n mens verwag? Geen ruggraat nie, duidelik blind en doof, en net nóg ’n gladde tong.

HANNETJIE MACMILLAN

skryf: Hy was veronderst­el om die vermoordes se naasbestaa­ndes om verskoning te vra oor sy gevoellose uitspraak — nie om homself te regverdig nie!

WILHELMINA DU PLESSIS

skryf: Verskoning­s gaan nie die geliefdes terugbring nie. Hy moet aan iets geloofwaar­digers dink.

MARIETJIE MARAIS

skryf: Jy lieg, man, jy het geweet wat jy sê.

MARIE BERTRAND

skryf: Glad met die bek, maar ontken steeds die moorde op wit mense.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa