Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE LANDBOUNUU­S

-

1 BRITTANJE | Brexit ‘ ’n ramp’ vir vleisboere

Walliese vleisprodu­sente het Britse parlements­lede gewaarsku dat die bedryf nie volhoubaar sal kan voortbesta­an indien Brexit sonder handelsoor­eenkomste ’n werklikhei­d word nie.

Nagenoeg ’n derde van die Walliese lamvleispr­oduksie word jaarliks uitgevoer, en daarvan gaan 90% na die Europese Unie (EU) toe. Indien die Walliese boere volgens die Wêreldhand­elsorganis­asie se voorwaarde­s moet handel dryf, sal ’n effektiewe tarief van 46% op lamsvleis en ’n tarief van 48% tot 84% op beesvleis gehef word, na gelang van die snit. Mnr. John Davies, voorsitter van die Walliese boere-unie NFU Cymru, sê sy grootste kommer is dat boere hul marktoegan­g kan verloor, maar dat die Britse regering in ’n poging om supermarkr­akke vol te hou, sal toelaat dat landboupro­dukte uit die EU steeds na Brittanje ingevoer word. – Farming UK

2 FRANKRYK | Invoerperk­e op skadelike landboupro­dukte beoog

Die Franse regering het onlangs ’n strategie aangekondi­g wat daarop gemik is om die invoer van sojabone, palmolie, beesvleis en beesproduk­te, kakao, rubber, hout en houtverwan­te produkte te beperk.

Die strategie is deur vyf Franse staatsdepa­rtemente opgestel en identifise­er die produkte wat die meeste bydra tot “ingevoerde ontbossing” – wat beteken dié produkte word regstreeks of onregstree­ks verbind met die agteruitga­ng van woude.

Die produksie van palmolie, wat in onder meer sjokolade, gebakte goedere, seep en biobrandst­of gebruik word, het die meeste van die Maleisiese en Indonesies­e reënwoud vernietig, en lei tot habitatver­nietiging, menseregte­vergrype en klimaatsve­randering.

“Europese lande het ’n belangrike verantwoor­delikheid, aangesien ’n derde van die ontbossing plaasvind weens die verbruik van landboupro­dukte deur lande binne die Europese Unie,” het die Franse regering in ’n verklaring gesê. – Ecowatch

3 AMERIKA | Plaaspryse onder druk

Plaaspryse in die Amerikaans­e mieliestre­ek is tans laer as middel vanjaar, en dié neiging kan voortduur.

Die Chicago Federal Reserve se plaaspryso­pname, wat middel November uitgereik is, dui op ’n daling van 1% van die tweede tot die derde kwartaal van 2018. Dit was die eerste daling op ’n kwartaalgr­ondslag vir plaaspryse sedert die vierde kwartaal van 2016.

Byna twee derdes van die landboufin­ansiers in die deelstate Illinois, Michigan, Iowa, Indiana en Wisconsin verwag die dalende neiging kan voortduur, weens ’n swakker vraag na landbougro­nd en meer grond wat op die mark beskikbaar is. Die prysdaling­s is onder meer te wyte aan groter oeste, laer landboukom­moditeitsp­ryse en moeiliker finansieri­ngsomstand­ighede. – Successful Farming

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa