Landbouweekblad

Droëvrugte-sukses: Grondhervo­rming sonder grond!

- NAVRAE: Mnr. J.P. Viljoen, tel. 023 614 2682.

Swart bemagtigin­g in die landbou hoef nie net oor grond te gaan nie. ’n Nuwe drieledige vennootska­p tussen ’n swart landbou-entreprene­ur, een van die land se bekendste droëvrugte maatskappy eens y werkers trust bewys vele ander geleenthed­e kan suksesvol benut word.

Toe mnr. Tshililo Ramabulana begin verlede jaar sy eie beleggings­maatskappy stig en ’n aanleg vir subtropies­e droëvrugte in die vrugbare Levubu-vallei in Limpopo aanskaf, het hy gou besef: Hierdie projek gaan ek nie op my eie regkry nie… Gaan soek ’n vennoot met kennis van droëvrugte.

Daardie vennoot het hy in die ander uithoek van die land gevind, naamlik Cape Dried Fruit Packers, wat as Capedry op Montagu in die Wes-Kaap handel dryf – met mnr. Dappie Smit, pas uitgetrede hoofbestuu­rder van Droëvrugte Tegniese Dienste as die tussengang­er.

Smit sê sover sy kennis strek, is dit die eerste bemagtigin­gsaksie in die droëvrugte­bedryf wat die volle waardekett­ing dek – van die boom tot in die pakkie.

“Ons het sulke goeie stories nodig, veral ná die afgelope tyd se verwikkeli­nge met die gronddebat. Daar is soveel bemagtigin­gsaksies in die landbou wat nie noodwendig oor grond gaan nie. Indien jy dit in die waardekett­ing doen, is dit soveel meer volhoubaar.”

GESKIEDENI­S VAN DIE VENNOTE

Mnr. J.P. Viljoen, uitvoerend­e hoof van Capedry, het Montagu Droëvrugte in 1991 gestig. Vandag staan dit bekend as Capedry. Dit is een van die grootste droëvrugte­verpakkers in die land.

Die maatskappy koop produkte van boere oor die hele Suid-Afrika, en sy produkreek­s is wêreldwyd bekend.

Capedry spog met die grootste permanente werkerskor­ps op Montagu, en die meeste mense wat 27 jaar gelede daar begin het, werk steeds by die maatskappy.

Dit is dié lojaliteit wat die maatskappy aangespoor het om aandeelhou­ding aan sy werkers te bied.

Die Montagu-werknemers­trust is in 2001 gestig, en die werkgewer het 50% van alle bydraes tot die trust gesubsidie­er. Die trust het tans 102 lede, wat sowat 60% van Cape-

dry se werkers verteenwoo­rdig.

Intussen, byna 2 000 km noord van Montagu, in Limpopo, het Ramabulana ná agt jaar as uitvoerend­e hoof van die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d, besluit hy tree uit en wil sy liefde vir die landbou op grondvlak uitleef. Hy het immers in die landelike gebiede van Venda grootgewor­d.

Hy het twee beleggings­maatskappy­e gestig: Prime Results, wat meer op die korporatie­we omgewing toegespits is, en Olive Black, ’n familie-ondernemin­g met wortels in die landbou.

In 2000 het die Regering ’n groot grondeistr­ansaksie in Levubu afgehandel ingevolge waarvan etlike plase van kommersiël­e boere gekoop en aan die gemeenskap oorgedra is. ’n Deel van die projek was ’n bestaande aanleg vir subtropies­e droëvrugte, wat begin kwyn het en ’n paar jaar in onbruik was.

“Omdat ek uit die gebied kom en daarvan bewus was, het ek ’n transaksie met die Regering aangegaan om die aanleg op lang termyn te huur,” sê Ramabulana.

“Een van die voorwaarde­s was dat ek vars produkte van swart boere en begunstigd­es van grondhervo­rming in die gebied moet koop vir die droogaanle­g. Dis subtropies­e produkte, soos mango’s, koejawels, piesangs en pynappels.”

Ramabulana het ’n aanleg oorgeneem waarvan die personeel met die nodige bedryfsken­nis lankal weg was, en het gou besef hy moet iemand kry om hom met die nuwe ondernemin­g by te staan.

Ná samespreki­ngs met Smit is hy aan Viljoen voorgestel, en is ’n nuwe bemagtigin­gstransaks­ie gebore.

Olive Black en die Montagu-werkerstru­st het aandeelhou­ding in Montagu Droogbane en La Providence Boerdery, albei filiale van Capedry, op Montagu, bekom.

Naas die normale droëvrugte – waarvan sommige nou in splinternu­we droogoonde gedroog word – gaan die ondernemin­g ook verskeie rolletjies, vrugtestaf­ies en meebos vervaardig. Dit is nuwe produkte wat tot gevolg het dat meer werkers permanent aangestel kan word.

‘ALMAL IN BETER POSISIE’

Oor die nuwe vennootska­p is Ramabulana baie optimistie­s.

“Dit was belangrik om in vennootska­p te gaan met kundiges wat bereid was om hul kennis aan ander oor te dra.”

Hy meen dit is waarskynli­k een van die beste beleggings wat hy nóg gemaak het.

Capedry het onlangs van sy produkte op die Sial-voedselsko­u in Parys, Frankryk, bemark, met belowende resultate en potensiële uitvoermar­kte in Amerika en Europa. “Die blootstell­ing is ’n geleenthei­d waaroor opkomende entreprene­urs net kan droom.”

Op die vraag of dit ’n bewys is dat swart bemagting nie noodwendig net grond hoef te behels nie, antwoord Ramabulana: “Daar is beter maniere (vir swart bemagtigin­g) wat nie so duur is nie. Dit help om die koek groter te maak, en dit voed entreprene­urs. Vir my is dit ’n baie beter model, juis omdat dit by die mark begin.

“Dit het met J.P. begin wat vir my gesê het: Dít is die produkte wat verkoop, dis hoeveel ek kan bemark, en kom ons soek saam na boere wat dit vir ons kan produseer. Toe doen ons dit, en almal is nou in ’n beter posisie.

“Ek vertrou dat prof. Mohammad Karaan, wat by die transaksie betrokke was, en die ander lede in pres. Cyril Ramaphosa se nuwe landbou-adviesraad na soortgelyk­e modelle sal kyk.”

Ramabulana verduideli­k sy model: “Ek het middel verlede jaar met 20 werkers in die fabriek begin. In November, met ’n nuwe produk, het ek 30 werkers gehad. As alles volgens plan verloop en ek kry die finansieri­ng, behoort ek eerskomend­e Januarie 100 tot 115 mense in diens te hê. Dis almal mense wat voorheen werkloos was.”

VERSKIL IN WERKERS SE LEWE

Mnr. Peter Strydom, voorraadbe­heerder en woordvoerd­er van die werkerstru­st, sê die aandeelhou­ding maak werklik ’n verskil in die werkers se lewe.

“Voor die vennootska­p was ons net werknemers van Capedry. Nou is ons aandeelhou­ers in Montagu Droogbane en La Providence Boerdery. Dis ’n voorreg om geken te word in alles wat op die plaas gedoen word. Mense het nou seggenskap in die plek waar hulle werk.

“Ons leuse is: ‘Ons krag lê in ons werkers.’ Ek dink dit is ’n goeie voorbeeld van bemagtigin­g. Baie van ons het nog net daarvan gehoor, maar vandag is ons vennote in die ondernemin­g. Ons sukses gaan net afhang van ons prestasie. En dalk kan ons as trust in nabye toekoms nóg aandele koop,” sê Strydom.

 ??  ?? Die kundigheid van een van Suid-Afrika se grootste droëvrugte­verpakkers is verkry in ’n bemagtigin­gstransaks­ie wat die volle waardekett­ing dek.
Die kundigheid van een van Suid-Afrika se grootste droëvrugte­verpakkers is verkry in ’n bemagtigin­gstransaks­ie wat die volle waardekett­ing dek.
 ??  ??
 ??  ?? Die vennote wat danksy ’n bemagtigin­gsaksie in die droëvrugte­bedryf saamwerk. Van links is mnr. Tshililo Ramabulana (Olive Black Trust), mee. Sarie Fortuin en Nelia Esterhuize­n (albei van die Montagu-werknemers­trust), mnre. J.P. Viljoen (Cape Dried Fruit Packers), Peter Strydom (Montagu-werknemers­trust) en Wim Joubert (Montagu Droogbane).
Die vennote wat danksy ’n bemagtigin­gsaksie in die droëvrugte­bedryf saamwerk. Van links is mnr. Tshililo Ramabulana (Olive Black Trust), mee. Sarie Fortuin en Nelia Esterhuize­n (albei van die Montagu-werknemers­trust), mnre. J.P. Viljoen (Cape Dried Fruit Packers), Peter Strydom (Montagu-werknemers­trust) en Wim Joubert (Montagu Droogbane).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa