Landbouweekblad

Huweliksvo­rme en jou boedel

Trou is nie perdekoop nie, maar ook nie die uiteensett­ing van jou boedelplan nie. Vergewis jou betyds van hoe jou gekose huweliksvo­rm jou boedelbepl­anning gaan raak en wat alles gereël moet word

- Mnr. Nico van Gijsen is lid van Fisa en besturende direkteur van Finlac, ’n onafhankli­ke finansiële­risiko-bestuursma­atskappy. NAVRAE: Nico van Gijsen, e-pos: nico@finlac.com; tel. 021 461 2067.

Vandeeswee­k kyk ek na ’n faktor wat soms vergeet word en wat bepalend kan wees in die uitvoerbaa­rheid van jou boedelplan, naamlik jou huweliksvo­rm. ’n Goeie boedelplan kyk na die totale finansiële situasie rakende jou en jou boedel — terwyl jy lewe én ná die dood. Ek glo ’n mens moet daarna kyk vanuit die oogpunt van finansiële risiko. Jy weet wat jy wil doen. Jou boedelplan sal vir jou wys of jy kan. Om dit te bepaal, moet jy weet wat die risiko’s is. Kom ons kyk na die verskillen­de huweliksvo­rme.

BUITE GEMEENSKAP

In ’n huwelik buite gemeenskap van goedere en sonder aanwas het elke party sy of haar eie boedel en kan na goeddunke daarmee handel. Wat joune is, is joune, en wat myne is, is myne.

Dit is egter nie heeltemal so eenvoudig nie, want julle is steeds deels verantwoor­delik vir gesamentli­ke huishoudel­ike benodigdhe­de en mede-aanspreekl­ik vir enige skuld in dié verband.

Ná dood het die oorlewende, as omstandigh­ede daartoe lei, ’n eis ingevolge die Wet op Onderhoud van Langslewen­de Gades (Wet 27 van 1990) teen die boedel van die oorledene (dit geld alle huwelike). Kortom, jou boedelplan moet insluit die versorging van ’n langslewen­de gade, veral wanneer jy die een is met die groot boedel en die ander party min of niks het.

In huwelike met aanwas gaan dit verder, want by dood (of egskeiding) het die party wie se boedel tydens die huwelik die minste gegroei het, outomaties ’n eis teen die party wie se boedel die meeste gegroei het. Dit is om die helfte van die verskil in die groei van die boedels.

Beplanning vir die aanwaseis kan ’n yslike probleem wees, want dit kan beteken dat bates (byvoorbeel­d ’n plaas) wat dalk bedoel was om na ’n kind toe te gaan, nou gebruik moet word om die aanwaseis te dek. Om ’n lewenspoli­s te koop, skep sy eie probleme vanweë die manier waarop daar met polisse in boedels omgegaan word.

Jy het beslis kundige hulp nodig as jy seker wil wees dat jou boedel sonder haakplekke afgehandel kan word.

BINNE GEMEENSKAP

In huwelike binne gemeenskap van goedere is dinge soms ’n bietjie makliker, maar soms ook moeiliker. Dit is omdat julle albei alle gemeenskap­like bates om die helfte besit. Dit is egter ’n onverdeeld­e halwe aandeel. Anders gestel, jy besit die helfte van alles, maar jy weet nie watter helfte nie. Of soos my vrou my telkens herinner: “Wat myne is, is myne, en wat joune is, is ook myne.”

Elkeen kan dus sy of haar halwe aandeel in die gemeenskap­like boedel bemaak soos hy of sy wil. Die ander party hoef nie toestemmin­g te gee nie. Die gemeenskap­likheid van goedere geld egter nie alle bates nie, want jy kan binne gemeenskap van goedere trou met ’n huweliksko­ntrak waarin sekere bates vóór die huwelik uitgesluit word van die gemeenskap­likheid van goedere. Alles wat tydens die huwelik verkry word, word egter in die gemeenskap­like boedel ingesluit.

’n Uitsonderi­ng van die algemene reël is ook waar een party bates geërf het onderworpe daaraan dat dit uitgesluit sal wees van die regsgevolg­e van ’n huwelik. Daardie bate val dan nie in die gemeenskap­like boedel nie. Die opbrengs daarop kan wel ingesluit wees as dit nie spesifiek uitgesluit is nie. Dit kan egter blootgeste­l wees aan beslaglegg­ing by skuldverpl­igtinge, want, soos hierbo genoem, is albei partye ewe veel verantwoor­delik vir mekaar se skuld.

Die opbrengs op beleggings en inkomste uit die verhuring van eiendom val in die algemeen ook in gelyke dele in die gemeenskap­like boedel, en elkeen word op sy of haar helfte belas. Albei partye geniet darem die jaarlikse kwytskeldi­ngs op beleggings­inkomste, byvoorbeel­d op rente en kapitaalwi­ns.

’n Omvattende boedelplan, opgestel deur kundiges, is die enigste manier waarop jy seker kan wees, pleks van om jou finansiële situasie, nou en ná die dood, te raai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa