Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- BUTCH VAN BLERK Mnr. Butch van Blerk is direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad.

Ons het verlede jaar ’n kleinhoewe gekoop in ’n gebied wat destyds onder die streek s dienste raad geval het. Intussen het die plaaslike munisipali­teit oorgeneem. Ek het aansoek gedoen om ’n wateraansl­uiting om ’n huis te kan bou.

Meer as ’n jaar later kom die bouinspekt­eur by my broer aan, wat ook in die omgewing ’n kleinhoewe gekoop het en ’n huis bou, en sit sy bouery stop. Dit gaan glo daaroor dat hy nie bouplanne ingehandig het nie.

Wat is die gevolge hiervan vir hom en vir my? Ek het ook nie toestemmin­g by die munisipali­teit gekry nie. In die gebied is daar is verskeie huise gebou en verbeterin­gs aangebring sonder bouplanne. Wat is die gevolge vir die eienaars van hierdie kleinhoewe­s?

My broer het sy huis gebou met toestemmin­g van die eienaar van die kleinhoewe. Hy moet die perseel nog laat onderverde­el. Daar is dus geen titelakte nie, slegs ’n koopooreen­koms. Ek het ’n aandeel in ’n onverdeeld­e kleinhoewe gekoop wat wel ’n akte het. Ek is nog besig om dit af te betaal.

Wat is die gevolge vir my en die huidige eienaar op wie se naam dit nog geregistre­er is, en hoe kom ons uit hierdie penarie? ’n Koper van onroerende eiendom (grond) word die eienaar daarvan sodra dit in die aktekantoo­r op sy naam geregistre­er is. Dan is die regte van die nuwe eienaar beskerm omdat hy nou oor ’n saaklike reg op die grond beskik. Dit word gewoonlik voorafgega­an deur die sluit van ’n koopkontra­k tussen die verkoper en die koper.

Van die sluit van die koopkontra­k tot die eiendom in die naam van die koper oorgedra word, beskik die koper slegs oor ’n persoonlik­e reg teenoor die verkoper wat voortsprui­t uit die sluit van die koopkontra­k. Indien die verkoper nie sy verpligtin­ge ingevolge die koopkontra­k nakom nie, kan die koper ’n siviele eis teen die verkoper instel om te doen waarvoor hy verantwoor­delik is.

Nasionale bouregulas­ies is in wetgewing vervat om toe te sien dat bouwerk wat onderneem word, van ’n aanvaarbar­e standaard is.

Die eiendom wat vroeë ronder’ n streek s dienste raad geval het, re sorteer nou onder die jurisdiksi­e van die plaaslike munisipali­teit. Die munisipali­teit het bou-inspekteur­s in diens wat moet toesien dat die nasionale bouregulas­ies se standaarde nagekom word.

REGULASIES

Die regulasies vereis dat ’n bouplan vir die oprigting van ’n gebou by die munisipali­teit ingedien en goedgekeur moet word. Voordat die bouplan goedgekeur is, mag daar met geen bouwerk begin word nie.

Indien ’n eienaar teenstrydi­g met die wet met bouwerk begin, het die munisipali­teit die reg om die eienaar te dwing om die bouwerk af te breek. Die eienaar kan wel ’n versoek tot die munisipali­teit rig om hom toe te laat om ’n bouplan te laat opstel en by die munisipali­teit in te dien vir goedkeurin­g. Daar is geen waarborg dat die bouplan goedgekeur sal word nie, aangesien daar ’n magdom faktore is wat deur die munisipali­teit se stadsbepla­nners oorweeg word voordat ’n bouplan goedgekeur word.

Kry dit wel goedkeurin­g, word die eienaar toegelaat om die bouwerk te voltooi. Keur die munisipali­teit dit af, moet die eienaar die bouwerk afbreek. Die bou-inspekteur het die bevoegdhei­d om enige bouwerk met goeie rede te eniger tyd stop te sit (soos as ’n plan nie ingedien was nie).

Die feit dat u en u broer nog nie oor titelaktes vir die grond beskik nie, beteken dat die grond nog nie op jul name oorgedra is nie. Dan beskik julle, soos hierbo uiteengesi­t, slegs oor persoonlik­e regte teenoor die eienaar van die grond. Weier die eienaar om die grond aan julle oor te dra, kan julle hom slegs dagvaar vir die bedrag waarmee die bouwerk sy eiendom se waarde verhoog het. Dit staan bekend as onregverdi­ge verryking en is ’n moeilike aksie om te bewys.

Indien die eienaar nog voortgaan met jul koopkontra­kte en met die proses om die eiendomme aan julle oor te dra, sal julle weldra die eienaars daarvan word en is die probleem wat eienaarska­p betref, opgelos. Die eienaar sal dus moet voortgaan met die onderverde­ling van die grond en die oordra van die erwe aan julle. Dit is ook ’n proses wat deur die munisipali­teit behartig en goedgekeur word. U sal dus saam met die eienaar moet werk om die voorafpros­edures en vereistes af te handel, sodat hy die erwe aan julle kan oordra.

 ?? FOTO: ALLFREEDOW­NLOAD.COM ?? Bouplanne moet by die plaaslike munisipali­teit ingedien en goedgekeur word voor daar met enige bouwerk begin mag word.
FOTO: ALLFREEDOW­NLOAD.COM Bouplanne moet by die plaaslike munisipali­teit ingedien en goedgekeur word voor daar met enige bouwerk begin mag word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa