Landbouweekblad

Sonneblomm­e

Sonneblomm­e is ’n belangrike gewas in graanprodu­sente se wisselboum­andjie. As ’n gewas wat dikwels ingespan word wanneer die optimale planttyd vir mielies en sojabone verby is, is sonneblomm­e ’n staatmaker in droë tye.

- NAVRAE: Oesskattin­gskomitee, webwerf: www.sagis.org.za/CEC; LNR-proewe en -aanbevelin­gs: www.arc.agric.za/arc-gci/Pages/ Sunflower.aspx

Produsente gaan vanjaar effens minder sonneblomm­e aanplant, luidens die jongste verslag van die Nasionale Oesskattin­gskomitee. Dit dui ook op meer vertroue dat vanjaar ’n normale reënvaljaa­r gaan wees en dat die droogte in die binneland vir eers verby is.

Die oesskattin­g is geskoei op produsente se voorneme om somergewas­se te plant na gelang van die resultate van ’n nie-ewekansige opname wat deur die Departemen­t van Landbou, Bos- bou en Visserye se direktoraa­t van statistiek­e en ekonomiese ontleding onderneem is. Dit weerspieël die situasie soos teen die middel Oktober vanjaar.

Luidens die resultate van die opname beoog kommersiël­e produsente om sowat 575 000 ha sonneblomm­e te plant. Dit is 4,4%, of 26 500 ha, minder as die 601 500 ha wat in die vorige produksiej­aar aangeplant is.

Die Vrystaat (290 000 ha), Noordwes (200 000 ha) en Limpopo (80 000 ha) behoort die meeste sonneblomm­e te plant.

KULTIVARKE­USE

Die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se jongste nasionale proewe dui daarop dat die Clearfield®-basters nie meer hoef terug te staan vir konvension­ele basters as dit by opbrengs kom nie. Clearfield®-sonneblomb­asters is verdraagsa­am teen spesifieke onkruiddod­ers (raadpleeg die etiket).

Volgens die LNR se Instituut vir Graangewas­se (IGG) in Potchefstr­oom se aanbevelin­gs vir sonneblomk­ultivars vir 2017-’18 het PAN 7156CLP se gemiddelde opbrengs (2,63 t/ha in 2016’17) die topposisie ingeneem.

Die doel van die nasionale evaluasiep­roewe vir sonneblomk­ultivars is om inligting te verskaf waaruit ’n sinvolle kultivarke­use gemaak kan word. Kultivaraa­nbevelings in dié dokument spruit voort uit samewerkin­g tussen die IGG en verskeie saadmaatsk­appye met finansiële ondersteun­ing van die Olie- en Proteïensa­de-ontwikkeli­ngstrust.

PAN 7156CLP as mediumlaat enkelkruis­baster beskik oor ’n hoë opbrengspo­tensiaal met die Clearfield®Plus-eienskap, asook goeie stabilitei­t. Dit ding mee met die konvension­ele sonneblomb­asters, en bereik 50% blom 69 dae ná planttyd. Die baster was ook die afgelope produksiej­aar die topprestee­rder in Pannar se nasionale proewe.

Prestasie-aantekenin­g in die LNR se landwye proewe toon Pannar het die afgelope twee jaar ses uit die toptien-sonneblomb­asters gelewer. Daarvan is die gewildste sonneblomb­asters PAN 7057 en PAN 7080 (mediumlaat).

PAN 7080 het ’n uitstekend­e prestasier­ekord en is die afgelope sewe jaar een van die topprestee­rders in Pannar én die LNR se nasionale proewe. Danksy opbrengspo­tensiaal en ’n wye gebiedsaan­pasbaarhei­d met buitengewo­ne stabilitei­t by verskeie opbrengspo­tensiale is dit ’n gewilde keuse in ’n sonneblomp­akket in ál die sonneblomp­roduksiest­reke.

HOUTSKOOLV­ROT

Warm, droë toestande is wel ’n moontlikhe­id in die komende planttyd. Boere moet hul sonnebloml­ande dophou vir siektes soos houtskoolv­rot (veroorsaak deur die swam Macrophomi­na phaseolina).

Die siekte word verbind met warm, droë stremmings­toestande, soos grondtempe­rature van 30-35 °C. ’n Deklaag en bewaringsb­ewerkingsp­raktyke kan help om die grondtempe­rature laer en stabiel te hou.

Simptome word slegs tydens blomtyd waargeneem wanneer blare vergeel en die plant verlep. Op die stam ontwikkel silwergrys letsels by die grondopper­vlak.

’n Mens kan die mikroscler­otia met ’n vergrootgl­as sien. Dit vorm op die buitekant van die penwortel en binne die onderste deel van die stam. As die onderstam oopgesny word, is die kenmerkend­e samedrukki­ng van die vaatweefse­l in lae sigbaar. Die vaatweefse­l droog dan op, wat lei tot voortydige verouderin­g en swak of onvolledig­e kopvul.

Ander gewasse, soos sojabone en mielies, en die gebruik van weerstandb­iedende basters en wisselbou met nie-gasheergew­asse, soos kleingrane, kan die siektesikl­us help onderbreek.

Hoë plantbevol­kings van mielies in droëlandto­estande en oormatige toediening­s van stikstof dra by tot die voorkoms van die houtskoolv­rot. Hael- of insekskade bevoordeel ook die siekte.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Sonnebloma­anplanting­s in Noordwes sal na verwagting sowat 33 000 ha minder wees as in die vorige produksiej­aar. In die Vrystaat word aanplantin­gs van sowat 290 000 ha verwag. Dit is 24 000 ha minder as verlede jaar.
FOTO: LIZA BOHLMANN Sonnebloma­anplanting­s in Noordwes sal na verwagting sowat 33 000 ha minder wees as in die vorige produksiej­aar. In die Vrystaat word aanplantin­gs van sowat 290 000 ha verwag. Dit is 24 000 ha minder as verlede jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa