Landbouweekblad

DIE VERHOUDING TUSSEN STOORLAM- EN SLAGLAMPRY­SE

- PHILLIP THEUNISSEN

Hoe kry voerkrale dit reg om stoorlamme­rs teen R44/kg te koop met die slaglampry­s op R74/kg? Nie te lank gelede nie was daar ’n verhouding tussen stoorlam- en slaglampry­se. Die slaglampry­s was sowat 2,1 maal die stoorlampr­ys. Met vandag se pryse maak dit nie meer sin om ’n lam af te rond nie. Ek kan nie regtig namens voerkrale praat nie. My antwoord is dus bloot dié van ’n skaapboer en omdat ek self die afgelope twee maande lammers verkoop het. Dit hang baie af van die gewig van die lammers. Stoorlamme­rs wat 35 kg en minder geweeg het, het die afgelope tyd teen ’n premieprys verkoop (R44/kg).

Met die lae mielieprys kon ’n voerkraal teen ’n taamlike wins nog 15 kg byvoeg om die slaglam dan teen 50 kg te verkoop. Lammers wat meer as 40 kg geweeg het, was nie in groot aanvraag nie omdat die potensiaal om gewig of waarde toe te voeg, baie laag is.

Ekonomies gesproke moet jy jou lammers dus óf teen 35 kg verkoop, óf hulle hou en voer tot 50 kg en dan regstreeks aan ’n slagter verkoop. Dit is tans vir ’n boer amper beter om ’n lam teen 35 kg te verkoop, want hy gaan byna dieselfde wins maak as wanneer jy die lam voer en teen 50 kg verkoop.

Neem ook in ag dat ’n lam se voeromsett­ing, met ander woorde die hoeveelhei­d vleis tot die hoeveelhei­d voer, tot op 35 kg baie hoër is as dié van ’n lam van 35 kg tot 50 kg. Iemand moet die lam dus hou en voer tot 50 kg omdat ’n lam van 35 kg nog nie slaggereed is nie. Dr. Philip Theunissen is ’n landbou-ekonoom en forensiese rekenmeest­er van Bethlehem.

 ?? FOTO: LOUW PRETORIUS ?? Dit is beter vir ’n boer om ’n lam teen 35 kg te verkoop as teen 50 kg.
FOTO: LOUW PRETORIUS Dit is beter vir ’n boer om ’n lam teen 35 kg te verkoop as teen 50 kg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa