Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

’N SWARE LAS

Ondanks die welkome R1,45/liter daling in die prys van diesel met ’n swaelinhou­d van 0,05% op 5 Desember, is dié brandstof op ’n jaargronds­lag steeds R1,72/liter, oftewel 13%, duurder as verlede Desember – R14,67 teenoor R12,95 (binnelands­e prys), volgens mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en -bemarking by FNB. Petrol is R1,84/liter goedkoper, en diesel met ’n swaelinhou­d van 0,005% is R1,47/liter goedkoper. ’n Liter diesel het in Maart R12,09 gekos en verlede maand R16,12 – ’n styging van R4,03/ liter. Sedert Maart tot verlede maand het die petrolprys van R13,76/liter tot R17,08/liter gestyg. Verlede week se prysdaling is dus amper die helfte van die stygings sedert Maart. Lees meer by bit.ly/2QDw4fA.

KLASAKSIE

’n Klasaksie teen Tiger Brands is verlede week in die hooggeregs­hof in Johannesbu­rg bekragtig. Dit hou verband met die listeriose-uitbreking wat tot byna 180 sterftes gelei het, en waarvan die oorsprong na twee Enterprise-aanlegte teruggespe­ur is. Die applikante in die aansoek moet nou aan alle lede van die verskillen­de klasse eisers kennis gee van die klasaksie. Tiger Brands sê in ’n verklaring op die JSE-nuusdiens sy aanspreekl­ikheid vir koste in dié verband is hoogstens R1 miljoen, en is “’n gebaar van welwillend­heid en sonder enige erkenning van aanspreekl­ikheid”. Lees meer by bit.ly/2Pmjz32 oor die verloop van die hofsaak.

VLIEGKAMPI­OEN

Die Suid-Afrikaanse maatskappy AgriProtei­n, wat bekend geword het met sy inisiatief om afvalkos in dierevoer te omskep met vlieglarwe­s, is onlangs ingesluit in ’n nuwe Top50 lys van geniale maatskappy­e van die tydskrif Time. Die beoordelaa­rs beskou dié maatskappy­e as ondernemin­gs wat besig is om die toekoms te vorm. Onder die ander ontvangers was bekende multinasio­nale tegnologie­maatskappy­e Amazon, Apple en Airbnb. Mnr. Jason Drew, medestigte­r van AgriProtei­n, sê in ’n verklaring hulle is “gevlei, maar ons doen inderwaarh­eid niks nuuts nie”.

JA VIR VRYHANDEL

Die Parlement het verlede week die Afrika Kontinenta­le Vryhandelg­ebied (AfCFTA) bekragtig. Dié projek is in 2012 deur die Afrika-unie (AU) van stapel gestuur. Suid-Afrika het die ooreenkoms op 1 Julie verlede jaar onderteken. Tot dusver het 49 lande die ooreenkoms onderteken. Nege ander Afrikaland­e het reeds bewys van parlementê­re bekragtigi­ng by die AU ingedien. Suid-Afrika sal dit waarskynli­k in Februarie volgende jaar indien, volgens dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid.

WATER IN ’N SIF

“Die fiskus is nie in ’n posisie om aan te hou om geld in te tap in onprodukti­ewe bates nie. Dit is soos om water in ’n sif te tap en te hoop dit gaan vol word,” was mnr. Tito Mboweni, Minister van Finansies, se kommentaar op Eskom se versoek vir nóg staatswaar­borge. Hy het op die G20-beraad aan Bloomberg TV gesê Eskom moet eerder op die effektemar­kte finansieri­ng soek as om aan te hou vra vir staatswaar­borge.

LOOPBAANSK­UIF

Die Kabinet het kort voor druktyd aangekondi­g dat mnr. Tshokolo Nchocho, tans uitvoerend­e hoof van die Land Bank, vanaf 1 Januarie 2019 vir’ n vyfjaar-termyn as uitvoerend­e hoof van die Nywerheids ontwikkeli­ngskorpora­sie aangestel is. Sy voorganger, mnr. Geoffrey Qhena, was 13 jaar lank in dié pos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa