Landbouweekblad

China is lus vir SA beesvleis

- — VIDA BOOYSEN

DAAR is ’n groot en groeiende vraag uit China en ander markte in Asië na Suid-Afrikaanse beesvleis. Dit plaas groot druk op Karan Beef, Afrika se grootste beesvoerkr­aal.

Karan Beef het in die jaar tot November reeds 4,3 miljoen kg beesvleis na China uitgevoer, en dié land het ná net ’n jaar die ondernemin­g se grootste buitelands­e mark geword.

“Suid-Afrikaanse beesvleis se vetinhoud is laer as dié van onder meer Amerikaans­e beesvleis en voldoen beter aan die Chinese se vereistes,” sê me. Anso Bracken, bemarkings­bestuurder van die ondernemin­g.

Ondanks ’n aanbod van R 6 miljard vir Karan Beef uit China het dié Suid-Afrikaanse voerkraal ondernemin­g besluit om eerder’ n meerderhei­d s aandeel aan die Suid-Afrikaanse Openbare Beleggings korporasie( O B K) en die beleggings­maatskappy Pelo Agricultur­al Investment­s vir R5,2 miljard te verkoop.

“Karan Beef word as ’n strategies­e bate vir Suid-Afrika beskou. Daarom is besluit om die maatskappy nie aan buitelande­rs te verkoop nie,” sê Bracken.

KLEIN BEGIN

Mnr. Ivor Karan, stigter van die ondernemin­g, het Karan Beef in 1974 op die familiepla­as naby Heidelberg (Gauteng) met net 100 beeste begin. Vandag het Karan Beef ’n kudde van 160 000 beeste. Die ondernemin­g se bedrywighe­de sluit in ’n slagplaas op die nabygeleë Balfour wat 2 100 beeste per dag kan verwerk, asook ’n verspreidi­ngsentrum in City Deep in Johannesbu­rg.

Die voerkraalo­nderneming koop speenkalwe­rs van boere landwyd en voer hulle binne vier maande tot hulle sowat 420 kg weeg. Op dié wyse word tot ’n halfmiljoe­n beeste per jaar vir die slagplaas afgerond.

Volgens Bracken sal die Karan-familie vir minstens die volgende drie jaar betrokke bly by die ondernemin­g, wat nou 90% aan die OBK en Pelo behoort.

Karan Beef voer reeds die afgelope twee dekades vleis na die Midde-Ooste uit en het in 2017 marktoegan­g tot China verkry, wat daartoe gelei het dat sy uitvoervol­ume verdubbel het.

SA EERSTE

Mnr. Matthew Karan, direkteur van Karan, het aan die nuusdiens Bloomberg gesê die maatskappy beperk tans die volumes wat hy na China uitvoer omdat hy nie voorraad van sy plaaslike mark wil wegneem nie. Sy geriewe in Gauteng word ook tans tot die maksimum benut.

Volgens Bloomberg kyk die ondernemin­g ook na Maleisië as ’n nuwe uitvoermar­k. Hy sal binnekort ’n oudit ondergaan om seker te maak sy halaal-slaggeriew­e voldoen aan dié land se standaarde.

Die beesvleisb­edryf is onder druk om sy produksie te verhoog om in die plaaslike en internasio­nale vraag te voorsien, sê mnr. Gerhard Schutte, uitvoerend­e hoof van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e. Dit beteken die vermoë van kleinboere, wat omtrent 40% van Suid-Afrika se beeste besit, moet uitgebou word. Hulle is nog nie mededingen­d genoeg vir die uitvoermar­k nie.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Karan Beef koop daagliks gemiddeld 2 040 beeste van boere landwyd aan en rond hulle dan in sy voerkrale af.
FOTO: VERSKAF Karan Beef koop daagliks gemiddeld 2 040 beeste van boere landwyd aan en rond hulle dan in sy voerkrale af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa