Landbouweekblad

Willemse: Kos nie rede vir hoër inflasie

Die jongste rentekoers­verhoging van 0,25 persentasi­epunte het gemengde reaksie ontlok. Die Reserweban­k het hoër inflasie as ’n rede aangevoer, maar dit blyk dat voedselpry­se steeds laer neig en juis ’n remmende uitwerking op inflasie het.

-

Die aankondigi­ng van die Reserweban­k se monetêre beleidskom­itee (MBK) einde verlede maand dat die rentekoers met 0,25 persentasi­epunte verhoog word, is gegrond op ’n paar aannames. Dit is eerstens dat die wisselkoer­s swak sal bly neig, in die lig van Amerika wat sy rentekoers­e verhoog (wat Suid-Afrika dwing om te volg).Tweedens is dit dat die swak wisselkoer­s inflasie in die komende jaar tot 18 maande hoër gaan laat neig, en dat daar nou voorkomend opgetree moet word. Derdens word verwag dat oliepryse relatief hoog gaan bly, en dat internasio­nale voedselpry­se in die komende twee jaar gaan styg.

Die Reserweban­k mik na ’n inflasieko­ers wat binne die vlak van 3% tot 6% per jaar moet beweeg, en verkieslik na aan die 4,5%merk bly. Die jongste inflasieko­ers, soos gemeet deur die verbruiker­sprysindek­s (VPI, dit behels winkelprys­e en dienste), het gestyg van 4,9% in September 2018 tot 5,1% in Oktober 2018 op ’n jaargronds­lag. Die Reserweban­k se vooruitska­ttingsmode­l dui daarop dat inflasie in die komende 18 maande verder kan styg, en daarom meen die bank dat voorkomend opgetree moet word. Tog verwag die MBK nie dat Suid-Afrika die 6%-inflasieme­rk gaan oorskry nie, en reken die VPI gaan rondom 5,8% draai (wat nog binne die 6%-teikenvlak is). Dit is gegrond op die aanname dat die rand nie verder gaan verswak nie.

Sommige ekonome reken dit was nie die regte besluit van die Reserweban­k om die rentekoers te verhoog terwyl die Suid-Afrikaanse ekonomie in ’n tegniese resessie is nie. Ek is van mening daar was nie veel van ’n keuse nie, met dié dat rentekoers­e in Amerika en die Europese Unie (EU) in ’n opwaartse fase is en kapitaal uit Suid-Afrika laat vloei. Dit laat net die wisselkoer­s verder verswak en jaag inflasie aan. Die besluit het nie veel te doen met die swak ekonomiese groei in Suid-Afrika nie.

Die feit dat die ekonomie die afgelope paar jaar ál stadiger groei, is nie die gevolg van hoë rentekoers­e nie, maar eerder van ’n swak beleidsomg­ewing wat besigheid in alle sektore knou. Selfs al word die rentekoers nou met ’n halwe persentasi­epunt of een persentasi­epunt verlaag, is ek oortuig daarvan dit sal nie nuwe investerin­g stimuleer nie, in die lig van die huidige onsekere stand van beleidsake en korrupsie op vele vlakke.

VERLOOP VAN INFLASIE

As ’n mens die inflasiebe­rekeninge van Statistiek­e Suid-Afrika ontleed, is dit egter duidelik dat inflasie redelik onder beheer is, en dat voedselinf­lasie nog daal. Die probleem is geadminist­reerde pryse wat met meer as 12% per jaar styg. In die geval van gereguleer­de pryse in die staatsomge­wing is die inflasieko­ers vir Oktober sowat 13,3%. Boonop het die beleërde Eskom gevra vir verhogings wat nóg hoër is vir aanstaande jaar om uit die moeilikhei­d te probeer bly en kontantvlo­ei aan die gang te hou.

Voedselinf­lasie was in Oktober 2018 sowat 2,9% vergeleke met die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar, en toon steeds ’n dalende neiging. In die lig van die feit dat voedselinf­lasie ’n gewig van 15,48% in die VPI dra, het dit ’n remmende uitwerking gehad.

Die algemene inflasieko­ers van 5,1% in Oktober 2018 toon ’n stygende neiging. Dit is veral weens die geadminist­reerde prysstygin­gs van staatsgere­guleerde pryse en semi-staatsonde­rnemings.

Die GRAFIEK toon die verloop van die algemene inflasieko­ers (VPI) en dié van voedsel. Die styging in die VPI is duidelik te sien, terwyl voedselpry­se laer bly neig.

Daar moet in gedagte gehou word dat die olieprys, teen die meeste verwagting­e in, verlede maand skerp gedaal het. Dit het tot ’n verlaging in brandstofp­ryse gelei, wat sal help om inflasiedr­uk te verlig.

Sommige ekonomiese ontleders reken die rentekoers sal in die komende jaar nie baie styg nie, dalk net met ’n kwart-persentasi­epunt of ’n halwe persentasi­epunt, na gelang van die wisselkoer­s van die rand. Die Reserweban­k kan egter kwaaier kritiek verwag indien hy die rentekoers verder verhoog terwyl daar nie beduidende groei in die ekonomie verwag word nie. Die Reserweban­k se mandaat is prysstabil­iteit (om inflasie binne die teikenvlak te hou), maar met inagneming van ekonomiese groei.

VOEDSELINF­LASIEKOMPO­NENTE

Die TABEL toon in die eerste kolom die voedselkom­ponente in die VPI en die jongste jaarstygin­g, soos gemeet in Oktober 2018 vergeleke met Oktober 2017. Die ander kolom toon die produsente­prysindeks (PPI) vir naastenby dieselfde komponente, maar op fabrieksvl­ak. Die jongste beskikbare PPI-syfers is vir September 2018, vergeleke met September 2017.

Dit gee ’n aanduiding van die verwagte prysrigtin­g in winkelprys­e in die komende maande, soos produkte vanaf die verwerking­saanlegte deurbeweeg tot op winkelrakk­e. Die fabriekspr­ysstyging was 1,3%, wat heelwat laer is as die VPI-syfer van 2,9% vir voedsel in winkels. Dit dui daarop voedselinf­lasie kan verder daal, wat algemene inflasie dus kan rem. Dit verleen stukrag aan die standpunt dat die rentekoers nie veel meer moet styg nie.

Die situasie verander egter stadigaan as ’n mens na die voedselgro­epe in die tabel kyk. Graanpryse (mielies) het reeds begin styg, maar dis veral elektrisit­eit, vervoer en arbeid wat pryse gaan laat styg – die PPI dui reeds ’n styging in winkelprys­e aan. ’n Swakker graanoes in die somer gaan ook effense opwaartse druk op pryse plaas. Hou in gedagte dat die produsente-aandeel in winkelprys­e selfs minder as 20% is wat brood betref. Die koringprys is dus nie die grootste faktor nie, maar wel die ander koste buite die plaashek.

Dit geld vir die meeste ander produkte.

Vleispryse is baie stabiel en selfs ’n paar rand laer op produsente­vlak, en na verwagting gaan pryse in die komende maande meestal sywaarts beweeg. Die feit dat verbruiker­s swaarkry, heelwat minder bees en skaap geslag word (weens kuddebou), en die huidige droë toestande met min weiding in die binneland help nie juis nie. Berekening­e toon die produsente-aandeel op vars vleis is minder as 50%, na gelang van die snit en soort winkel. Dis een van die produkte waar die produsente­prys ’n taamlik belangrike deel van die winkelprys uitmaak.

Suiwelprys­e daal op produsente­vlak, maar die skerp daling word nie in winkelprys­e weerspieël nie. ’n Mens sal nog moet sien of die skerp daling die afgelope twee maande in laer verbruiker­spryse weerspieël gaan word. Die idee is tog dat as daar ’n surplus is en die boer word gepenalise­er (en die verwerker koop sy grondstof baie goedkoper), die laer pryse aan die verbruiker deurgegee sal word om verbruik te stimuleer.

Oliesaadpr­yse is baie laer vir die boer as ’n jaar gelede, en dit word in die pryse weerspieël. Na verwagting gaan dié pryse meer sywaarts beweeg in die komende maande.

Vrugteprys­e is laer, en hoewel groente- en suikerprys­e vir die boer gedaal het, word dit nie in winkelprys­e weerspieël nie. Ook hier word nie veel stygings verwag nie.

Die huidige stand van inflasie en die feit dat die Reserweban­k dit as gedeelteli­ke motivering gebruik het om die rentekoers te verhoog, is nie die gevolg van voedselpry­se nie. Inteendeel, voedselpry­se het tans ’n remmende uitwerking op algemene inflasie en dit gaan nog vir ’n wyle voortduur. Die probleem is geadminist­reerde pryse wat 12-13% per jaar styg – dis wat inflasie opjaag. ’n Hoër rentekoers gaan dit nie verander nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa