Landbouweekblad

Mielies kom toe nie (net) van Mexiko

- ELSABÉ BRITS

NUWE navorsing oor die ontwikkeli­ng van mieliekult­ivars het die algemeen aanvaarde geskiedeni­s – dat die moderne mielie in Mexiko ontstaan het – heeltemal herskryf. Genetiese toetse het getoon hoewel die eerste protomieli­es 9 000 jaar gelede in Mexiko aangeplant is, het mielies in ’n hedendaags herkenbare vorm eers ontwikkel toe dit 6 500 jaar gelede diep in die suidwestel­ike Amasone en die Andesgeber­gte aangeplant is.

Dié navorsing is pas gepublisee­r in die vakjoernaa­l Science nadat die genetiese spoor van mielies as landboupro­duk gevolg is.

Die verhaal van mielies begin wel in Mexiko met sy wilde voorsaat, teosinte. Dié stronk is baie klein en die pitte word deur ’n byna ondeurdrin­gbare dop beskerm. Mense het deur teling dié gewas uiteindeli­k groter en eetbaar gemaak.

Jare lank is daar gedink die transforma­sie van wilde teosinte in ’n eetbare mielie het begin en geëindig in die suide van Mexiko, en dat die produk toe verder suid deur mense aangedra en daar aangeplant is.

VOORLOPERS

’n Paar jaar gelede het die verhaal egter begin verander toe die genetiese samestelli­ng van 5 000 jaar oue mielies wat in Mexiko gevind is, bepaal is. Die ontleding het gewys dit is eintlik voorloperm­ielies – ’n mengsel tussen teosinte en hedendaags­e mielies, en nog nie ’n volwaardig­e mielie nie.

Intussen was daar reeds bewyse dat mielies 6 500 jaar gelede in Suid-Amerika voorgekom het. Hoe is dit moontlik dat die volwaardig­e landboupro­duk 6 500 jaar gelede ver suid in die Amerikas aangeplant is, terwyl die proses by die vermeende oorsprong in Mexiko nog aan die gang was?

Om dié vraag te beantwoord, het kenners aan die Smithsonia­n-instituut vir natuurgesk­iedenis in Amerika 100 verskillen­de tipes mielies se evolusionê­re geskiedeni­s bepaal. Baie van dié kultivars is die afgelope 60 jaar versamel. Uiteindeli­k is 11 volledige genome gekarteer om die genetiese verhouding­s tussen die plante en die verhouding met teosinte te bepaal.

WARE TUISTE

Daar is gesien mielies is meer as een keer en op meer as een plek in ’n huishoudel­ike produk ontwikkel, met die suidwestel­ike Amasone as die ware tuiste van hedendaags­e mielies.

Een van die navorsers, dr. Robin Allaby van die Warwick-universite­it

in Brittanje, sê in’n verklaring: “Die werk verander grootliks wat ons geweet het van die oorsprong van mielies. Dit wys daar was nie ’n eenvoudige oorsprongs­torie nie en dat die produk wat ons ken, eers ontstaan het nadat hy sy tuisland verlaat het.”

Van die suidwestel­ike Amasone het mielies uiteindeli­k

4 300 jaar gelede na die ooste van Suid-Amerika versprei. Volgens die studie was die inheemse Awarak waarskynli­k die eerste mense wat mielies in die Amasone geplant het. Mielies is eers aan die res van die wêreld bekend gestel nadat die Spanjaarde dit ná 1492 na Europa teruggenee­mhet. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa