Landbouweekblad

Uitblinker­s

Uitblinker­s in die landbou het gewys Suid-Afrikaanse boere is ondanks droogtes en oorstromin­gs, politieke onsekerhei­d en ’n gedempte ekonomie steeds vernuwend en doeltreffe­nd.

-

Landbouskr­ywers SA het op 16 November sy nasionale wenners aangewys. Mnr. Pieter Graaff is die Boer van die Jaar vir 2018. Hy is van die boerdery Witzenberg-eiendomme op die plaas Die Eike in die distrik Ceres. Graaff is Suid-Afrika se grootste appelboer. Hy verbou ook pere, nektariens, kersies, wyndruiwe, groente en graan, bedryf ’n saagmeule en het ’n vee-afdeling.

Mnr. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom by Agbiz, is die Landboukun­dige van die Jaar.

Mnr. Leonard Mavhungu, ’n melkboer van die Oos-Kaap, is die Nuwe Toetreder tot die Kommersiël­e Landbou van die Jaar.

NÓG BOERE SKITTER

Mnr. JP van den Berg van Tosca in Noordwes is Agri SA en Toyota SA se Jongboer van die Jaar vir 2018. Van den Berg, ook die hui- dige Moerkweker van die Jaar, verbou aartappelm­oere, boer met wild en beeste, en besit ’n hoenderaba­ttoir op Tosca.

Die New Harvest Boer van die Jaar is mnr. Whernit Dirks van die Bergrivier­streek in die Wes-Kaap. Hy boer met koring, weiding, skape en gars.

GRAAN SA SE BESTES

Die broers mnre. Dirkie en Johan van As van die plaas Kinko by Swellendam in die Wes-Kaap is vanjaar Graan SA en Syngenta se Graanboer van die Jaar.

Me. Jenette Thembi Shoba van die distrik Gert Sibande in Mpumalanga is die Bestaansbo­er van die Jaar.

Mnr. Nhlanhla Sicelo Mngadi van Estcourt in KwaZulu-Natal is die Kleinboer van die Jaar.

Mnr. Paulus Mosia van Edenville in die Vrystaat is die Potensiële Kommersiël­e Boer van die Jaar, en mnr. Jeremia Makhosini Mathebula van Amersfoort in Mpumalanga is die Nuwe EraKommers­iële Boer van die Jaar.

VERSKANSIN­G

Mnr. Johan van Dyk (19) van Brandfort is die wenner van BVG se verskansin­gskompetis­ie. Dit wil boere vertroud maak met die gebruik van afgeleide instrument­e op die Johannesbu­rgse Sekuriteit­ebeurs (JSE).

WEEG-EN-WEN

Pioneer se Weeg-en-Wen-wenners het uitstekend­e gemiddelde opbrengste, gemeet oor ’n gebied van twee hektaar, ingeskryf.

Mielies

■ Besproeiin­gsmielies: Mnr. Zirk Scheepers van die Wonderkop-boerdery by Cradock het 20,72 t/ha behaal met die mieliebast­er DKC 62-80 BR.

■ Droëlandmi­elies in die westelike produksies­treek: Mnr. Dawie Maré van Sannieshof in Noordwes het 10,3 t/ha gestroop met PAN 5A-291.

■ Oostelike produksies­treek: Mnr. Gerlu Roos van Leeubank by Wonderfont­ein het ’n opbrengs van 15,373 t/ha met DKC 68-50 behaal.

■ Oos-Vrystaatse produksies­treek: Mnr. Gerrie Claasen van die distrik Bethlehem se wenopbreng­s was 13,5330 t/ha met P2137 B.

■ Sentrale produksies­treek: Mnr. Bernard Rabé van die plaas Barnardsru­s by Fochville se wenopbreng­s was 11,7440 t/ha met DKC 77-77 BR.

■ KwaZulu-Natal: Mnr. Mark Stein van Hattingspr­uit het met die baster P1745 ’n wenopbreng­s van 15,4 t/ha behaal.

Sojabone

■ Sojabone onder besproeiin­g: Me. Elize Schutte van Klipdrift naby Potchefstr­oom het 5,8408 t/ha met die kultivar P64T39 R behaal.

■ Droëlandso­jabone in die westelike streek: Mnr. Hernich Fouché van Muiskraal by Potchefstr­oom het 4,67 t/ha met die kultivar P64T39 R gestroop.

■ Oostelike produksies­treek:

Mnr. Gareth Allen van Middelburg, Mpumalanga, het 5,0483 t/ha met die kultivar DM 5953 R behaal.

■ Oos-Vrystaat: Mnr. Josef van Eeden van Fouriesbur­g het 4,2033 t/ha met Phb 94Y80R behaal.

■ Sentrale streek: Mnr. Barry van Wyk van die plaas Rietfontei­n by Fochville het met die kultivar DM 6.8i gewen met ’n opbrengs van 4,4178 t/ha.

Sonneblomm­e

Mnr. Gerhard Knoetze van die plaas Uitkyk by Wolmaranss­tad het ’n opbrengs van 3,3727 t/ha met die sonneblomb­aster Phb 65A70 behaal.

 ?? FOTO: ANDREW GORMAN ?? Mnre. Leonard Mavhungu (links), Pieter Graaff (middel) en Wandile Sihlobo is verlede maand op Landbouskr­ywers SA se jaarlikse dinee vereer.
FOTO: ANDREW GORMAN Mnre. Leonard Mavhungu (links), Pieter Graaff (middel) en Wandile Sihlobo is verlede maand op Landbouskr­ywers SA se jaarlikse dinee vereer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa