Landbouweekblad

Beesvleis mik boontoe

-

’N BLINK toekoms wag op Suid-Afrika se rooivleisb­edryf, met ’n verwagting dat dit binne die volgende dekade met sowat 24% sal uitbrei.

Die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) skat die beesvleisb­edryf sal oor tien jaar groei van sowat 700 000 ton vleis per jaar tot 900 000 ton per jaar.

Rooivleis-uitvoer sal ook na verwagting skerp toeneem, veral na Jordanië, Koeweit, Viëtnam en die Verenigde Arabiese Emirate. Daarby het produsente­pryse vir Suid-Afrika se beesboere verlede jaar al met 24% toegeneem, dié van speenkalwe­rs met 65% en skaapvleis met 31%.

Die aanbod van beesvleis is kleiner en die vraag hoog. Mnr. Wessel Lemmer, senior landbouDie

ekonoom van Absa Agribesigh­eid, sê boere is besig om hul kuddes te herbou en produksie sal na verwagting die volgende drie jaar laer bly. Beesvleisp­ryse behoort gunstig te bly.

VARKVLEIS

Met die varkvleisb­edryf het dit rampspoedi­g gegaan ná Enterprise se poloniefab­riek in Polokwane in Maart geïdentifi­seer is as die bron van die listeriose-epidemie wat meer as 200 lewens geëis het.

Dié aankondigi­ng het ’n katastrofi­ese uitwerking op die hele waardekett­ing gehad. Die prys van varkvleis het getuimel, al was dit veilig vir verbruik.

Tiger Brands het R50 miljoen per maand verloor weens die sluiting van aanlegte, én dit het sowat R356 miljoen gekos om produkte te herroep.

Suid-Afrikaanse Varkvleisp­rodusente-Organisasi­e (Savpo) het tussen Maart en Mei R6 miljoen aan promosies bestee in ’n veldtog om verbruik te bevorder.

PLUIMVEE

Benewens die feit dat die pluimveebe­dryf teen goedkoop ingevoerde hoendervle­is moes meeding, moes hy ook die nadelige gevolge van verlede jaar se voëlgriep die hoof bied. Die goedkoop ingevoerde hoendervle­is bestaan uit produkte uit die Europese Unie (EU), ’n kwota Amerikaans­e hoenderstu­kke weens die Agoa-ooreenkoms en sedert verlede jaar ál meer gestorte produkte uit Brasilië. Pluimveebo­ere wat verlede jaar deur die H5N8voëlgr­iepvirus getref is, was ontevrede oor hoe die staat die

vergoeding vir hul verliese hanteer het. Die Departemen­t Landbou, Bosbou en Visserye het slegs R40 miljoen vir vergoeding beskikbaar gehad, terwyl die bedryf se totale verliese sowat R1,87 miljard beloop.

Wat goedkoop invoer betref, was daar ’n mate van verligting toe ’n beskermend­e tarief van 35,9% op goedkoop ingevoerde hoenderstu­kke uit die EU in September afgekondig is.

In November het die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV) gevra vir ’n invoertari­ef van 82% op bevrore hoenderstu­kke aan die been en beenlose stukke. Die huidige tariewe is onderskeid­elik 37% vir stukke aan die been en 12% vir beenlose stukke.

Die SAPV voer aan dat die bedryf byna 20% van die plaaslike landbou se bruto binnelands­e produk verteenwoo­rdig, die tweede grootste verbruiker van mielies in die streek is en by verre die grootste gebruiker van sojabone.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa