Landbouweekblad

SKADU VAN POPULISME HANG OOR EIENDOMSRE­G

-

SOOS grondbesit verlede jaar ’n politieke speelbal in die aanloop tot die ANC se leierskapv­erkiesing was, het dit vanjaar voortgeduu­r in die aanloop tot 2019 se algemene verkiesing. “Onteiening sonder vergoeding” was só dikwels in die nuus dat die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad dit in Oktober selfs as die uitdrukkin­g van die jaar bestempel het.

In April het mnr. Dave Steward, voorsitter van die FW de Klerk-stigting se raad, die aanvaardin­g van die mosie dat die Grondwet verander moet word om vir onteiening sonder vergoeding voorsienin­g te maak, beskryf as die belangriks­te verwikkeli­ng in Suid-Afrika sedert 1994.

Hy het op ’n spitsberaa­d daaroor gesê dit bedreig elke inwoner van die land, wat 7,5 miljoen swart huiseienaa­rs, aandeelhou­ers, sake-ondernemin­gs en pensioenho­uers insluit.

Kenners het deurentyd op die gevare gewys. Die Land Bank sê as sy regte as krediteur nie beskerm word nie, kan dit daartoe lei dat hy dadelik R41 miljard aan sy finansiers sal moet betaal. Ekonome wys daarop dat weens boere se skuld aan banke sowat R160 miljard van banke se balansstat­e uitgewis kan word.

Die ekonoom mnr. Roelof Botha het in November daarop gewys dat die debat oor onteiening sonder vergoeding reeds tot ’n da- ling van 7% in kapitaalvo­rming gelei het. ’n Daling van 10% beteken dat die BBP-groei sowat R455 miljard minder sal wees, en die Tesourie se inkomste R262 miljard minder.

TEENSTRYDI­GE SYFERS

Teenstrydi­ge syfers oor grondbesit is deurlopend genoem. Terwyl die staat volhou dat nog net 10% van landbougro­nd oorgedra is, het me. Maite Nkoana-Mashabane, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, in die Parlement erken haar departemen­t besit 13 588 879 hektaar grond en het verder eksklusiew­e reg tot sowat 2 222 920 hektaar.

Twee van Suid-Afrika se voorste landbou-ekonome, mnr. Wandile Sihlobo en dr. Tinashe Kapuya, sê volgens data in die openbare domein kan tot 21% van die landbougro­nd buite kommunale gebiede in Suid-Afrika al in swart besit wees.

Die ekonoom mnr. Johann Bornman sê gegrond op die grondoudit van ADS, Agri SA en Landbouwee­kblad verlede jaar is 38% van die bruikbare oppervlakt­e van Suid-Afrika in mense van kleur se besit, en 26,7% van die landbougro­nd.

STOOMROLLE­R

Intussen stoomrolle­r die proses rakende onteiening sonder vergoeding voort.

Steun daarvoor in ’n reeks landwye openbare sittings van Junie tot Augustus was oorweldige­nd, maar uit meer as 700 000 geskrewe kommentare was maklik 80% téén ’n grondwetwy­siging gekant. Laasgenoem­de is geïgnoreer in die grondwetli­ke hersiening­skomitee se aanbevelin­g ten gunste van die wysiging.

Vroeg in Desember is die aanbevelin­g deur die Parlement aanvaar. ’n Wetsontwer­p sal nou opgestel word.

’N KEERPUNT

Landbouwee­kblad en Agri SA se grondberaa­d einde Augustus was ongetwyfel­d ’n keerpunt in die hele gronddebat. Meer as 600 belanghebb­endes in die landbou het geluister hoe 65 sprekers vertel het watter planne hulle al beraam het om van grondhervo­rming ’n sukses te maak.

Dit het die gesprek oor grond meer rasionele gemaak en die klem op werkbare en volhoubare oplossings geplaas. Verskeie grondindab­a’s met die oog op oplossings en finansieri­ng het gevolg, asook ’n ooreenkoms binne die georganise­erde landbou om saam ’n landboustr­ategie uit te kerf.

’n Paneel kundiges is saamgestel om die Regering te adviseur, en die ANC en Agri SA het in gesprek getree.Tydens hierdie gesprek in September het die ANC by herhaling gesê eiendomsre­g word nie bedreig nie, grondgrype sal nie geduld word nie en grond sal net in uitsonderl­ike gevalle sonder vergoeding onteien word.

AKKERLAND

AfriForum het in Augustus ’n

storm ontketen toe hy ’n lys name van plase wat vir onteiening­stoetssake geoormerk word, bekendgema­ak het.

Nkoana Mashabane het die bestaan van die lys ontken, maar boaan die lys was twee plase van die Akkerland-boerdery in Limpopo waarop die dag voor Paasnaweek ’n uitsetting­bevel bedien is.

Die staat het R20 miljoen vir die twee plase aangebied, maar die eienaars wou R200 miljoen hê. Die plase speel ’n sleutelrol in die sukses van ’n multimilja­rddollar-projek omdat 46% van die steenkool wat daarvoor nodig is, op dié plase is.

Dit volg ook nadat die minister in haar begrotings­rede gesê het bestaande grondwetli­ke bepalings sal gebruik word om “beperkte vergoeding” te betaal by die aankoop van grond vir hervorming­sdoeleiend­es.

In September het die Grondeiseh­of die uitsetting­bevel permanent tersyde gestel, en in November het MC Mining die dooiepunt opgelos deur die plase vir R70 miljoen te koop.

TRUSTGROND-STRYD

Die Ingonyama-trust se poging verlede jaar om sowat 5 miljoen inwoners se wetlik erkende bewoningsr­eg na huurooreen­komste om te skakel, het vanjaar verder opslae gemaak.

Die parlementê­re komitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming het vroeg vanjaar die omskakelin­gs tydelik gekeer. Volgens die komitee bedreig dit mense se bewoningsr­eg omdat hulle afgesit kan word as hulle agter raak met hul huurbetali­ngs, en die trust wil net sy inkomste verhoog.

Die trust sê die kontrakte sal aan inwoners meer beskerming bied, omdat huurooreen­komste glo dien as bewys van woonadres vir wanneer inwoners wil stem, selfone koop of bankrekeni­nge open.

’n Hoëvlakpan­eel onder leiding van oudpres. Kgalema Motlanthe het verlede jaar aanbeveel dat die Ingonyama-trust herroep word. Dit is sodat KwaZulu-Natal in ooreenstem­ming met die res van die land se grondbelei­d gebring kan word en om gemeenskap­pe en inwoners se besitreg te verseker.

Koning Goodwill Zwelithini is die enigste trustee van die trust en die grootste grondeiena­ar in KwaZulu-Natal met die 2,8 miljoen ha wat die trust beheer.

Zwelithini het later op ’n grondimbiz­o wat hy in Ulundi belê het, gewaarsku hy sal druk uitoefen vir die onafhankli­kheid van KwaZulu-Natal indien die Regering die paneel se voorstelle aanvaar.

Pres. Cyril Ramaphosa het die dag ná die imbizo ingespring om die koning te verseker dat die ANC nie die trustgrond sal onteien of die trust ontbind nie.

 ??  ?? Me. Maite Nkoana-Mashabane
Me. Maite Nkoana-Mashabane
 ??  ?? Mnr. Wandile Sihlobo
Mnr. Wandile Sihlobo
 ??  ?? Mnr. Roelof Botha
Mnr. Roelof Botha
 ??  ?? Dr. Tinashe Kapuya
Dr. Tinashe Kapuya

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa