Landbouweekblad

KOMPOSSEIL­E BRING NUWE HOOP IN STRYD TEEN PLASTIEK

- – FREDALETTE UYS NAVRAE: Mnr. Andrew Pollock, sel 082 491 0345; e-pos: andrewpol@rgmc.co.za; webblad: www.rgmc.co.za

Met ál meer druk op verbruiker­s om na alternatie­we vir plastiek te soek om ’n beter aarde na te laat, het The Really Great Material Company (RGMC) onlangs ’n nuwe produk bekend gestel wat plastiekde­klaagseile in die landbou op plase vervang met alternatie­we, bio-afbreekbar­e en komposteer­bare seile.

Die nuwe gesertifis­eerde, bio-afbreekbar­e seile sal vir die eerste keer op die wynplaas Constantia Glen naby Kaapstad op die proef gestel word.

Dr. Horst Prader, die bestuurder, mnr. Etienne Southey, die plaasbestu­urder en

wingerdbou­kundige, en mnr. Justin van Wyk, wynmaker, sal die werking van die nuwe seile beoordeel.

Volgens Southey is die plaas daartoe verbind om volhoubare en verantwoor­delike plaasprakt­yke te ontwikkel.

“Die groot voordeel hiervan is dat as die seil nie meer benodig word nie, die boer dit kan laat biogradeer in die grond, of dit kan gebruik om kompos te maak. Dit kom van die natuur en kan weer in die natuur teruggepla­as word,” sê mnr. Andrew Pollock, mede-stigter van RGMC.

Hy sê die produk sal deel vorm van ’n sirkel-ekonomie. “Ons wil wegbeweeg van die huidige lineêre ekonomie wat gegrond is op die vervaardig­ing en verbruik van nie-bio-afbreekbar­e produkte wat as afval

gestort word. Dit is die oorsaak van die miljoene tonne plastiek wat seelewe in oseane bedreig.”

Volgens Southey is hy veral beïndruk met die elastisite­it van die seil. “Dit is maklik om die seil op die grond en rondom die jong wingerdlot­e te plaas, en dit is meer bestand teen sterk wind wat gewoonlik plastiekse­ile uitrek en breek.”

Anders as gewone landboupla­stiek, wat as afvalprodu­k van petroleumo­lie gemaak word, word die bio-afbreekbar­e seil van hernubare bronne soos stysel, sellulose en plantolies gemaak en bevat dit geen poliëtilee­n of polipropil­een nie.

Pollock sê baie plastiekpr­odukte op die plaas kan deur bio-afbreekbar­e, komposteer­bare produkte vervang word. Dit sluit

onder meer in die klein plastiekba­nde (ties) wat gebruik word om draadstaan­ders tussen pale bymekaar te hou om wingerprië­le te ondersteun.

RGMC gebruik tans die MATER-BI-hars van Novamont om die produkte in SuidAfrika te maak in konvension­ele plastiekpr­oduksiemas­jiene.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Etienne Southey, plaasbestu­urder en wynboukund­ige van Constantia Glen, by die bio-afbreekbar­e en komposteer­bare deklaagsei­l wat op die plaas getoets word as alternatie­f vir plastiekse­ile.
FOTO: VERSKAF Mnr. Etienne Southey, plaasbestu­urder en wynboukund­ige van Constantia Glen, by die bio-afbreekbar­e en komposteer­bare deklaagsei­l wat op die plaas getoets word as alternatie­f vir plastiekse­ile.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa