Landbouweekblad

110 jaar wink vir Senwes

Senwes vier op 15 Mei 2019 sy 110de bestaansja­ar. Dié mylpaal is veel meer as net nog ’n dekade in die maats se bestaan. Dit bied ’n geleenthei­d om terug te kyk op merkwaardi­ge tye in Senwes se ryk geskiedeni­s en die rol dié maatskappy in die Suid-Afrikaa

-

Vier-en-twintig boere het in die herfs van 1909 byeengekom om die stigting van ’n koöperasie in die voormalige Wes-Transvaal te bespreek. Op 15 Mei 1909 is De Centraal Westelijke Co-operatieve Landbouw Vereniging gestig.

In 1931 het die koörporati­ewe vereniging se graanontva­ngste die eerste keer die kerf van 1 miljoen sakke bereik. Op 21 April 1936 is Senwes by die Departemen­t van Landbou (in die destydse Unie van Suid-Afrika) as die Sentraal Westelike Koöperatie­we Maatskappy geregistre­er. Daar is dikwels na die maatskappy verwys as Sentraalwe­s of Senwesko.

Daarna het Senwes sy produksiel­yn met grondbone, veevoer en eetbare olies uitgebrei en saadverwer­kingsdiens­te aan lede begin lewer. Later het Senwes met ’n omvattende graansilob­ouprogram begin om die losmaathan­tering van graan te verbeter. ’n Landboukun­dige en ’n voorligtin­gsafdeling is by die koöperasie gevoeg, en ’n grondboons­orteerfabr­iek is by Wesselsbro­n geopen en ’n kunsmisaan­leg op Viljoenskr­oon.

NUWE BEGIN

In 1997 het Senwes van ’n landboukoö­perasie omgeskakel na ’n maatskappy wat op die vrye mark meeding. Dié transforma­sie vanaf die koöperasie­wese tot maatskappy­gerigtheid is gerugsteun deur ’n omkeer-en-groeistrat­egie waar die klem teruggesku­if het na insetversk­affing en marktoegan­g. Dié strategie het tydens die maatskappy se eeufeesvie­ring in 2009 ’n rekordwins verwesenli­k, naamlik R368 miljoen ná belasting.

In mnr. Danie Minnaar, voorsitter van die Senwes-direksie, se eerste voorsitter­sbrief aan belanghebb­endes beklemtoon hy die maatskappy se strategies­e ingesteldh­eid en langtermyn­fokus wat versinnebe­eld word in die afgelope tien jaar se hoogtepunt­e:

2009-2013

Senwes het in dié tydperk met die Senwes Spinners-kriekettoe­rnooi vir plaasskole en die Senwes-program vir gegradueer­des begin, en het ’n tienjaarst­rategie bekend gestel. Nog iets nuuts was die Graintech-projek, wat silo’s toelaat om graan en oliesade teen ’n hoër as die maksimum toelaatbar­e voginhoud te ontvang sonder enige verhoogde drogingsko­ste of bedryfsris­iko’s.

Senwes het ook gesamentli­ke ondernemin­gs met John Deere Implemente, NWK (Certisure) en Afgri (Hinterland) begin. In 2013 het Senwes ’n gespreksfo­rum op Nampo begin, wat sedert 2014 as Nasie in Gesprek bekend staan.

2014-2018

Senwes het ’n droogteram­pfonds vir behoeftige gebiede gestig en die grootste enkele geelmielie­kontrak in Suid-Afrika beding, ingevolge waarvan Tradevanta­ge alle plaaslike geel mielies aan Meadow verskaf.

In 2016 het Senwes sy lojaliteit­skema, AgriReward­s, bekend gestel, asook ’n sonkragste­lsel by sy hoofkantoo­r geïnstalle­er.

Verlede jaar het nog ’n hoogtepunt gevolg toe Senwes en Senwesbel op die ZAR X-platform genoteer het. Later is die eerste sonpaneel-energieste­lsel by die Hennenman-silo geïnstalle­er. ’n Groot herbeleggi­ng in die IT-argitektuu­r is suksesvol voltooi. Senwes Equipment het landboumeg­anisasieta­kke in die Oos-Kaap geopen en ’n agentskaps­ooreenkoms met JCB gesluit.

Ook in 2017 het Senwes Grainlink die grootste someroes in die geskiedeni­s ontvang. Danksy die versnelde graanhante­ringsproje­k is die innametemp­o aansienlik verbeter.

Vanjaar het Senwes Credit ’n gestruktur­eerde finansieri­ngseenheid gestig wat op pasgemaakt­e, gespesiali­seerde finansieri­ngsprodukt­e toegespits is.

DIE VOLGENDE EEU

Die maatskappy is oor 110 jaar aangevuur deur die begeerte om die voorste beleggings­vennoot, werkgewer, verskaffer en verspreidi­ngskanaal te wees en ’n betekenisv­olle bydrae tot voedselsek­erheid in Suid-Afrika te lewer. Senwes bied vernuwende en geïntegree­rde oplossings aan boere en ander belanghebb­endes, en streef daarna om grense te verskuif in elke segment van die waardekett­ing.

NAVRAE: Webwerf: www.senwes.co.za

 ?? FOTO: SENWES ?? Senwes lewer al byna 110 jaar ’n waardevoll­e diens aan die landbousek­tor en het in 1997 van ’n landboukoö­perasie omgeskakel na ’n maatskappy wat op die vrye mark meeding. Senwes lewer dienste en produkte aan verskeie soorte boerderye.
FOTO: SENWES Senwes lewer al byna 110 jaar ’n waardevoll­e diens aan die landbousek­tor en het in 1997 van ’n landboukoö­perasie omgeskakel na ’n maatskappy wat op die vrye mark meeding. Senwes lewer dienste en produkte aan verskeie soorte boerderye.
 ??  ?? Mnr. Francois Strydom, uitvoerend­e hoof van Senwes.
Mnr. Francois Strydom, uitvoerend­e hoof van Senwes.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa