Landbouweekblad

UNIEKE OPLEISTELS­EL BRING BAIE VOORDELE

- LUCILLE BOTHA

’n Dubbelry-opleistels­el wat pruime vinniger in drag laat kom, ’n opbrengsve­rhoging van 20-40% meebring én werkerprod­uktiwiteit verbeter, is die breinkind van mnr. Jacques du Toit, wat met onder meer pruime op Boschendal naby Stellenbos­ch boer. Sy boorde is voorheen volgens die palmetstel­sel opgelei, maar hy het besef ’n dubbelry-aanplantin­gstelsel (hoë digtheid), waar die bome net 2 m hoog opgelei word, is ’n beter oplossing. Tans is sowat 45 ha van sy 180 ha pruime volgens dié stelsel opgelei.

Hy plant ’n dubbelry bome in ’n slingerpat­roon op ’n bankie (nét wyer as 1 m). Die slingerpat­roon voorkom mededingin­g en bied genoeg ruimte sodat albei rye bome se wortels kan groei. Die bome staan 1,5 m van mekaar in die ry en hy laat 1 m toe tusen die rye. Die afstand van die middel van die bankie tot die middel van die volgende bankie is 3,5 m, wat sowat 2 m laat vir ’n pad tussen die bankies. Daar staan dus sowat 3 810 bome per hektaar. Die bome word op korter pale – 1,8 m tot 2 m hoog – opgelei, met sewe drade per ry (dus 14 drade per bankie waarop bome geplant is). Dis nie nodig om die bome teen ’n helling op te lei nie, aangesien die korter bome genoeg sonlig in die boord toelaat. Die bome kom ook vroeg in drag (teen tweede blad oes hy sowat 9 t/ha kersieprui­me). “Op die korter paaltjies is die jong bome se lote reeds lank genoeg om die opleistels­el vol te maak en kan dit begin dra.”

Die bome word maklik vernuwe, omdat jy elke jaar een of twee lote kan afsny, maar in dieselfde jaar weer jou drade kan vol maak. Die korter bome snoei makliker en spuittoedi­enings neem met sowat 500-700 liter per hektaar af (dit word op ’n kleiner gebied gekonsentr­eer en minder waai dus weg). Hy lei veral Zaiger-kultivars soos Fall Fiesta, Pixie 2 en Pixie 4 (kersieprui­me), Midnight Gold, Honey Punch en Flavour King op dié manier op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa