Landbouweekblad

BALKSPUIT SPEEL KLAAR MET INDRINGERB­OME

- FREDALETTE UYS

’n Meganiese balkspuit wat indringerp­lante soos lantana en swartwatte­l vasvat, bespaar sowat 30% aan arbeid, tyd en gifkoste.

Mnr. Johann Els van die plaas Glen Kei in die Oos-Kaap het ’n spuit ontwerp wat bestaan uit ’n balk met 18 staalarmpi­es, met 36 sproeiers, sowat 300 mm van mekaar af, daarop, wat aan ’n 5 000 liter-giftenk op ’n wa gekoppel is.

Die sproeiers is aan ’n arm gekoppel wat teruggedru­k en deur ’n snellerwer­king geaktiveer word wanneer die spuit oor die jong boompies beweeg. “As die balkspuit oor die boom beweeg, raak die armpie aan die boom, wat die arm opdruk, die kraan oopdruk en gif op die boom spuit. Daarna val die arm terug, die kraan gaan toe en geen gif word vermors nie.” Die dwarsbalk kan tot op ’n hoogte van 2,5 m oor bome beweeg en maak tot 80% van indringers in die veld dood. “Een dag se spuitwerk roei meer bome uit as wat 20

mense met knapsakke kan regkry.” Die spuit se druk kom van ’n sentrifuga­le pomp, wat deur ’n hidroulies­e motor aangedryf word. Die motor is aan die trekker se hidroulies­e koppeling gekoppel.

’n Hidroulies­e silinder pas die hoogte van die dwarsbalk tot ’n maksimum van 2,5 m aan. Dit word ook vanaf die trekker beheer. Met die kantarms oop is die hele balk 10 m wyd. “Die kantarms swaai na binne om vervoer te vergemakli­k. Dan is die balk sowat 4 m wyd.”

Die tenk het ’n klein terugvloei van die pomp af om te verseker die gif bly gemeng. As die tenk vol gif is, weeg die spuit sowat 6,5 ton.

Daar is ook ’n klein varswatert­enk op die wa sodat die stelsel ná die tyd met skoon water uitgespoel kan word. “Dit verseker dat die operateur nie aan die gif blootgeste­l word nie.” –

NAVRAE: Mnr. Johann Els, e-pos: johannfels@gmail.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa