Landbouweekblad

LAMKAMPIES VERHOOG PRODUKTIWI­TEIT

- AMELIA GENIS

Die lamkamp-en-hokstelsel van die Eksteens van Piketberg werk uitstekend – en ná drie jaar sien hulle die voordele in ’n 25%-verhoging in lampersent­asie en gesonde, eenvormige lammers. Die pa-en-seun-span, Bertus en Francois, wou hul Vleismerin­overtakkin­g op hul plase Witvlei en Die Helfte meer produktief maak.

’n Stelsel van permanente kampies, waarin ooie op die plaaswerf lam, is ná hulp van die Bredasdorp­se landbou-ekonoom en veevoeding­kundige, mnr. André Fourie, opgerig.

Danksy Google Earth Pro kon Bertus maklik die gebied met die ideale helling identifise­er, opmetings doen en bepaal hoe die waterpype moet loop. Daar is 14 kampies, met gemiddelde afmetings van 16,6 m x 58 m en ’n oppervlak van 0,1 hektaar, aan elke kant van ’n pad wat 8 m breed is. Die uitleg van die krippies, lekbakke en plekke waar die ruvoer uitgesit word, is só gedoen dat die skape nie net aan een kant van die kamp loop nie. Gedurende lamtyd word 80 verskuifba­re lamhokkies in die middelste twee kampe langs mekaar gerangskik om meerlingoo­ie tydelik te huisves. Elke stel van 28 kampies kan 600 ooie huisves.

Waar hulle kon, het hulle gebruikte materiaal, soos wingerdpal­e, vir hergebruik in die kampe gekoop. Francois reken die projek het hulle R150 000 gekos, ’n bedrag wat lankal verhaal is met die hoër lampersent­asie.

Francois sê elke ooi kry net genoeg voer en onnodige koste word uitgeskake­l: 350 g lek per dag as hulle in die kampie inkom en 600 g per eenlingooi wat gelam het. Ooie met tweelinge kry twee keer per dag 600 g, terwyl drielingoo­ie 600 g drie keer per dag kry. –

NAVRAE: Mnr. Bertus Eksteen, e-pos: ekst-witvlei@patat.co.za; sel 073 776 6815.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa