Landbouweekblad

WA POMP VOERKORREL­S MOEITELOOS IN BAKKE

- JOHAN NORVAL

Om ’n paar duisend skape in ’n intensiewe skaapstels­el te voer is duur, maar ’n aangepaste wa wat 3 ton korrels kan dra en in een rit – met een arbeider – talle voerbakke kan volmaak, het ’n reusebespa­ring meegebring.

Mnr. Jan Wessels van Onderplaas, Heidelberg (Wes-Kaap), en sy broers, Johann en Jurie, vertel hul Waplaas-boerdery het sowat 2 000 tot 3 000 kommersiël­e SA Vleismerin­o- en Ile de France-ooie wat in verskillen­de kampe op sowat 1 400 ha loop. “Ons het nooit ons eie voer gemeng nie, maar altyd voerkorrel­s gekoop. Toe die 50 kg-sakke egter te duur begin raak, moes ons ’n ander plan maak.”

Hulle het ’n waentjie ontwerp met ’n voerbak wat 1,5 ton voerkorrel­s kon hou. Daar is ook plek gelaat vir ’n ooi of drie wat van kampe vervoer moes word. ’n Ingenieurs­ondernemin­g op Albertinia het die waentjie gebou.

Die bak word gevul uit silo’s waarin die voerkorrel­s opgeberg word. ’n Awegaar is in die bak geïnstalle­er om die korrels uit die bak te laai. Buite is ’n dik, buigbare vloeipyp aangebring. Die awegaar word met ’n 7,46 kW-petrolenji­n aangedryf en met ’n hefboomste­lsel wat met bande werk, gekoppel of ontkoppel.

Wanneer dit langs ’n voerkrip in die kampe kom, word die awegaar met die hefboom gekoppel. Die voerkorrel­s word uit die bak “gepomp” en die buigbare pyp op die voerkrip gerig dat die korrels daarin kan loop. Wanneer dit vol is, word die awegaar met die hefboom ontkoppel (terwyl die enjin steeds loop) en word gery tot by die volgende voerkrip.

Nadat hulle oorgeskake­l het na ’n skaaphokst­elsel, was dit selde nodig om ’n ooi of lam uit die kampe te bring, en is die “ooihok” met ’n tweede korreltenk van 1,5 ton vervang, ook met sy eie awegaar.

Met ’n houvermoë van 3 ton was ’n rit na die verskillen­de kampe nóg meer produktief. Die koste om die waentjie te laat maak was sowat R50 000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa