Landbouweekblad

GELUKKIGE, DROË LAMMERS IN DIE SKAAPVOERK­RAAL

- JOHAN COETZEE

’n Verhewe lamvoerkra­alstelsel kon klaarspeel met nat, koue winterweer wat gewone voerkrale in ’n mismoeras omskep, sê mnr. Johann Wessels van die Waplaas-boerdery buite Heidelberg in die Wes-Kaap.

Die skuurkonst­ruksie se vloer is 3,5 m bo die grond geheg aan gegalvanis­eerde-ysterpilar­e, waarop die dak, ’n gewone skuurdak, ook gemonteer is.

Seile en skadunet bedek die kante van die struktuur en beskut die diere teen koue, wind en reën. Op warm dae kan dit opgerol word vir ventilasie.

Die vloerstaal­plate het diamantvor­mige gate wat groot genoeg is vir mis en urine om daardeur grond toe te val.

Die vloeropper­vlak is 20 m x 15 m groot en verdeel in agt hokke. 1 000 lammers met ’n gemiddelde speengewig van 25 kg kan in die voerkraal gehou word. Sowat 800 lammers met ’n slaggewig van 40 kg kan ingepas word. Die skape beweeg deur ’n drukgang met ’n sementoppe­rvlak en goeie vastrapple­k na bo, en kom weer daarlangs af.

“Buiten dat die lammers nooit in hul eie mis staan nie, tel ons die mis wat deur die gate val met ’n laaigraaf op, meng dit met saagsels en gebruik dit as bemesting in ons graanverta­kking. Die vloer is hoog genoeg om daaronder in te ry en die meeste van die kante is oop,” sê Johann.

Die lammers se voer word in ’n silo van 18 ton geberg en met ’n awegaar tot by die voerkrippe in die voerkraal geneem. Dit is gekoppel aan ’n tydmeganis­me.

Water vloei deur middel van gravitasie van ’n hoër geleë dam na die skaapvoerk­raal en beland in ’n “ontvanger-waterbak” met ’n vlotterkle­p wat die watervlak reguleer. Van daar vloei dit na die verskillen­de hokke se waterbakke. Die struktuur en voer-en-waterstels­el het in 2007 altesaam sowat R500 000 gekos. –

NAVRAE: Mnr. Johann Wessels, sel 082 550 8276.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa