Landbouweekblad

BOER BOU KALKTOEDIE­NER

- CHARL VAN ROOYEN

Mnr. Paul van der Merwe van die plaas Roodewal op Bothaville het ’n werktuig ontwerp wat kalk of verkorreld­e kalk op die regte diepte toedien en sodoende suur grond vinniger neutralise­er as wanneer dit bo-op die grond uitgestroo­i word.

Van der Merwe se werktuig bestaan uit tande wat die grond diep losbreek. In elke tand is gate op verskillen­de hoogtes geboor vir die vasbout van twee spesiaal ontwerpte, regopstaan­de vlerkskare aan weerskante en op die verlangde werkdiepte. Die twee teenoorsta­ande vlerkskare is só ontwerp en versterk dat hulle, van die voorkant van die tande af beskou, wigvormig na agter wyer word sodat die vlerke ’n voortjie van sowat 45 cm agter die tand vorm wanneer die werktuig vorentoe beweeg. Dit bewerkstel­lig vermenging.

Die diepte van die vlerkskare onder die grond bepaal hoeveel bogrond daaroor in die grondvoor agter inval. Daar word dit saam met gestrooide kalk of ander misstowwe met die dieper grondlae gemeng. Twee toekrapkou­ters agter elke tand (en ’n opsionele roller) word gebruik om die saadbed volgens die bepaalde grond-gewas-kombinasie voor te berei. Die werktuig het ook dieptebehe­erwiele wat aan ’n trekker se presisiest­elsel gekoppel is om die kalk afwisselen­d op spesifieke dieptes te plaas.

Verskillen­de presisieto­erusting kan hierop gemonteer word, soos kunsmisbak­ke om ’n voorplantm­engsel op die ry toe te dien, of chemikalie­ë en/of mikro-elemente agter die skare. –

NAVRAE: Mnr. Paul van der Merwe, sel 083 625 7295.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa