Landbouweekblad

VEERKRAGTI­GE STOPPELWER­KTUIG

- JOHAN NORVAL

’n Tandwerktu­ig wat winderosie in somersaaig­ebiede teenwerk en vogbewarin­g met ’n deklaag aanhelp, is die grootste projek van die deeltydse boer mnr. Kobus van Zyl.

Die maklik vervoerbar­e stoppelbew­erker het ’n werkwydte van 15 m, en kan tot 3 m wyd opvou om vervoer op openbare paaie en deur die dorp te vergemakli­k.

Die werktuig benodig trekkrag van minstens 400 kW. Die hidroulies­e werking lig die hele lengte van die agterste roller-en-tand-kombinasie 90 ° op, waarna die twee kantvlerke van 6 m elk na binne vou. Die werktuig het vier rye tande wat ’n beter vermenging tussen die oesreste en die grond bewerkstel­lig. Die skaarpunt reg onder die tand se boog verseker dat ’n deurlopend­e grondbewer­kingsdiept­e gehandhaaf word. Die diepte wissel van 6 cm tot 15 cm, maar kan tot ’n diepte van 25 cm gestel word. Die rollers het ’n deursnee van 480 mm. Drie giftenks van 500 liter elk kan op die sleepraam agter die trekker aangebring word. Dit word dan deur die kantvlerke omvou wanneer die werktuig opgeslaan is.

Soortgelyk­e modelle met ’n werkwydte van 12 m kos meer as R1 miljoen in die handel, wat bykans dubbel so duur is as die sowat R600 000 van Van Zyl se model.

NAVRAE: Mnr. Kobus van Zyl, e-pos: kvanzyl22@gmail.com; sel 082 446 1785.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa