Landbouweekblad

(BYE)BOER IN BETON

- FREDALETTE UYS

’n Meestersgr­aadstudent aan die Universite­it van Johannesbu­rg, mnr. Ivan Brown, het byekorwe uit beton ontwerp om byeboere te help om meer heuning te produseer en minder tyd aan onderhoud te bestee.

Die resultaat van sy studie was die Beegin-projek, ’n goedkoop en doeltreffe­nde byeboerder­ystelsel van beton wat heuningpro­duksie met tot 300% kan laat styg.

Sy oplossing teen diefstal, vandalisme, brande, plae, siektes en onderhouds­koste was om permanente korwe uit liggewig-beton te bou, wat met staal versterk is.

Brown voeg perliet of vermikulie­t by sy betonmengs­els om die korwe ligter te maak en beter te isoleer.

Omdat die beton beter isolasie bied, gebruik die bye minder energie om die interne temperatuu­r te reguleer en kan dus meer heuning produseer.

Brown se veldtoetse (op klein skaal) het getoon heuningpro­duksie in betonkorwe kan met 200% tot 300% toeneem, in vergelykin­g met houtkorwe waarin soortgelyk­e swerms in dieselfde gebied en op

dieselfde tyd begin is.

Brown het twee soorte korwe ontwikkel, die Bee Bunka en die Bee Tonnel. Die Bee Bunka is volgens die Langstroth-korfstyl ontwerp, kos sowat R1 000 en bestaan uit drie dele: Die broeikamer, wat sowat 241 mm diep is, met ’n vloer en voorste ingang; daarop kom ’n vlak superkamer van 145 mm diep; en laastens is daar die teleskopie­se deksel. Elke kamer kan tien houtrame van 35 mm hou.

Dié soort korf verg gewoonlik ’n middelpunt­vliedende tegniek om die heuning te tap. Die hoofdele weeg sowat 60 kg. Die beweegbare dele, soos die deksels en boonste dele, weeg sowat 23 kg.

Die Bee Tonnel, gegrond op die Keniaanse bostaafkor­fstyl, is eenvoudige­r en kos R700.

Dit bestaan uit ’n enkele trogvormig­e kamer en deksel. Houtstawe word aan die bokant van die kamer gelê en vinne waaraan die bye hul korwe kan bou, word aangeheg.

Die hele heuningkoe­k word geoes, wat bykomstige aftaptoeru­sting oorbodig maak. –

NAVRAE: Mnr. Ivan Brown, e-pos: ivan@ beegin.co.za; webwerf: www.beegin.co.za; Facebook: facebook/beeginSA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa