Landbouweekblad

GESONDHEID UIT DIE GROND UIT

-

Oja Farms is ’n vierdegesl­agfamilieb­oerdery op die plaas Leeuwpoort­jie naby Middelburg in Mpumalanga waar twee broers, mnre. Jannie en Martin Cloete, die waarde van sojabone as voedselbro­n besef het. Hulle het in 2007 met sojabone as wisselgebo­ugewas saam met hul mielieboer­dery begin. Later het hulle ’n verwerking­saanleg opgerig om die middelman uit te skakel en kostedoelt­reffende, smaaklike en gesonde sojaproduk­te aan verbruiker­s te verskaf.

Jannie sê met gemiddeld 36% proteïen, 18% vesel, 12% poli-onversadig­de vette en ’n heerlike, neuterige smaak is sojaneute die nuwe superversn­apering. Boonop bevat dit geen gluten of cholestero­l nie.

Die neute is ongegeurd beskikbaar, asook in vier geure – sout en asyn, vrugteblat­jang, chakalaka en bief. Soy Nuts kan net so geniet word, of as ’n byvoeging tot droë vrugtestuk­kies vir ’n gesonde alternatie­f in ’n kosblik of as peuselhapp­ie.

Oja Dry Roasted-sojobone is ’n ekonomiese en voedsame toevoeging tot kos. Die ongegeurde neute kan gebruik word in nageregte en slaaie en om neute in geregte te vervang.

Soy Nuts is beskikbaar in pakkies van 50 g, 300 g en 500 g. PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Mnr. Jannie Cloete, e-pos: jannie@ojafarms.co.za; sel 079 142 9198.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa