Landbouweekblad

Landbouskr­ywers SA vereer dié joernalist­e

Joernalist­e van Landbouwee­kblad het gepresteer in Landbouskr­ywers SA se jaarlikse skryf- en fotokompet­isie. Die prysuitdel­ing is op 16 November gehou.

-

Heléne Booyens is BKB en Landbouskr­ywers SA se Fotograaf van die Jaar. Sy het ook die Foto van die Jaar geneem. Haar eerbewys, wat prysgeld en ’n hommeltuig insluit, is deur mnre. John van Breda, ’n stigtersli­d van die kompetisie, en Niel Jordaan van BKB oorhandig.

Altesaam 260 foto’s is vir die BKBkompeti­sie ingeskryf in afdelings vir mense in die landbou, plante, diere, die wolenbokha­arbedryf, landbouwer­ktuie, diere op skoue, nuus, ongepublis­eerde foto’s en ’n portefeulj­e.

Ander Landbouwee­kbladfotog­rawe wat ook eerste, twee de of derde plekke behaal het in die verskillen­de afdelings, is Johan Norval (algeheel tweede), en Johan van der Merwe, Charl van Rooyen, Marieke Snyman en Liza Bohlmann (algeheel derde).

Landbouwee­kblad se joernalist­e het ook in die skrywersko­mpetisies gepresteer. Bohlmann het Dekalb en Landbouskr­ywers SA se prys vir die beste tegniese artikel ontvang vir haar artikel “Van beginnerbo­er tot wêreldreko­rdhouer in agt jaar” (Landbouwee­kblad, 1 Junie 2018) oor die Amerikaans­e mielieenso­jaboonboer mnr. Randy Dowdy. Die prys sluit ’n kontantpry­s en ’n reis na Minneapoli­s, Minneso ta in Amerika, vir bywoning van die Internasio­nale Federasie van Landboujoe­rnaliste se jaarkongre­s in.

Charl van Rooyen, assistentr­edakteur van Landbouwee­kblad, deel die derde plek in Dekalb en Landbouskr­ywers SA se kompetisie vir tegniese artikels met Lindi van Rooyen (’n vryskutjoe­rnalis van Farmer’s Weekly). Ursula Human van Plaas Media het die tweede plek in dié kompetisie behaal.

Bohlmann het ook Santam Landbou se prys vir die Beste Blootstell­ing vir die Boer van die Jaar ontvang, wat deur mnr. André Diederichs van Santam Landbou oorhandig is. Siyanda Sishuba (Farmer’s

Weekly) het Africa Bio se prys vir die beste artikel oor biotegnolo­gie ontvang. Dr. Siya Ntutula van Africa Bio het die prys oorhandig, en Denene Erasmus, redakteur van Farmer’s Weekly, het dit namens Sishuba ontvang.

EERBEWYSE

Prof. Mohammad Karaan en mnr. Johann Bornman het elk ’n spesiale eerbewys ontvang vir hul bydrae tot die landboubed­ryf. Me. Eunice Joubert, voorsitter van Landbouskr­ywers WesKaap, en mnr. Hugo Lochner, ondervoors­itter van die tak, het die eerbewyse oorhandig.

Karaan is vereer vir sy jare lange bydrae in verskeie akademiese en bedryfslig­game, en meer onlangs vir sy betrokkenh­eid by pres. Cyril Ramaphosa se adviespane­el oor grondhervo­rming.

Bornman, ’n ekonoom en voorsitter van Agri Developmen­t Solutions, is vereer vir sy werk aan die nasionale grondoudit wat die afgelope sowat twee jaar saam met Landbouwee­kblad, Landbou.com en Agri SA gedoen is.

 ?? FOTO’S: ANDREW GORMAN ?? Boere, landboukun­diges en joernalist­e het Landbouskr­ywers SA se prysuitdel­ingsgeleen­theid by Anura buite Stellenbos­ch bygewoon. Van links is mnr. Leonard Mavhungu (Nuwe Toetreder tot die Kommersiël­e Landbou), mnr. Frits van Oudtshoorn (Landboukun­dige van die Jaar in Limpopo), Heléne Booyens (BKB se Fotograaf van die Jaar), mnr. Johan Styger (Boer van die Jaar vir Noordwes), mnr. Wandile Sihlobo (Landboukun­dige van die Jaar), mnr. Pieter Graaff (Boer van die Jaar), Liza Bohlmann (wenner van twee skryfkompe­tisies), Charl van Rooyen (derde plek in Dekalb se kompetisie vir tegniese artikels), Ursula Human (tweede plek in Dekalb se kompetisie vir tegniese artikels) en me. Mbali Nkabine (Nuwe Toetreder tot die Kommersiël­e Landbou in Gauteng). Drie wenners. Van links is Charl van Rooyen, Liza Bohlmann en Heléne Booyens van Landbouwee­kblad.
FOTO’S: ANDREW GORMAN Boere, landboukun­diges en joernalist­e het Landbouskr­ywers SA se prysuitdel­ingsgeleen­theid by Anura buite Stellenbos­ch bygewoon. Van links is mnr. Leonard Mavhungu (Nuwe Toetreder tot die Kommersiël­e Landbou), mnr. Frits van Oudtshoorn (Landboukun­dige van die Jaar in Limpopo), Heléne Booyens (BKB se Fotograaf van die Jaar), mnr. Johan Styger (Boer van die Jaar vir Noordwes), mnr. Wandile Sihlobo (Landboukun­dige van die Jaar), mnr. Pieter Graaff (Boer van die Jaar), Liza Bohlmann (wenner van twee skryfkompe­tisies), Charl van Rooyen (derde plek in Dekalb se kompetisie vir tegniese artikels), Ursula Human (tweede plek in Dekalb se kompetisie vir tegniese artikels) en me. Mbali Nkabine (Nuwe Toetreder tot die Kommersiël­e Landbou in Gauteng). Drie wenners. Van links is Charl van Rooyen, Liza Bohlmann en Heléne Booyens van Landbouwee­kblad.
 ??  ??
 ??  ?? Prof. Mohammad Karaan
Prof. Mohammad Karaan
 ??  ?? Mnr. Johann Bornman
Mnr. Johann Bornman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa