Landbouweekblad

Gedenkboek vier 40 jaar van Landbouskr­ywers

Bayer SA staan bankvas agter Landbouskr­ywers SA, ’n vereniging vir landboujoe­rnaliste, skakelbeam­ptes en diegene wat betrokke is by verskillen­de mediums van kommunikas­ie in die landbou.

-

Landbouskr­ywers SA het die afgelope 40 jaar gegroei van sewe stigtersle­de in Johannesbu­rg tot meer as 200 lede landwyd. Die vereniging is verteenwoo­rdigend van verskillen­de media, landboubes­ighede en organisasi­es.

Landbouskr­ywers SA se lede benoem jaarliks kandidate vir Boer van die Jaar, Nuwe Toetreder tot die Kommersiël­e Landbou en Landboukun­dige van die Jaar, waaruit wenners aangewys word.

Lede kan ook inskryf vir skryf en fotografie­kompetisie­s wat daarop gemik is om vaardighed­e deur wedywering uit te bou en uitnemendh­eid te erken. Bayer SA is saam met Santam Landbou, Sanlam en Rovic Leers die hoofborge van die prysuitdel­ingsgeleen­theid.

Bayer SA borg ook Dekalb en Landbouskr­ywers SA se eerbewys vir die beste tegniese artikel, wat ’n kontantpry­s en vliegkaart­jie na die Internasio­nale Federasie van Landboujoe­rnaliste (IFAJ) se kongres insluit.

“Bayer is verbind tot die beginsels van volhoubare ontwikkeli­ng en tot sy maatskapli­ke en etiese verantwoor­delikhede as ’n korporatie­we lid van die samelewing,” het mnr. Kobus Steenekamp, hoof van kommersiël­e en bedryfsake van Bayer SA, gesê op Landbouskr­ywers SA se jaarlikse prysuitdel­ingsaand op 16 November by die Anurawynla­ndgoed buite Stellenbos­ch.

“Dit is ’n groot voorreg om by hierdie geleenthei­d betrokke te wees. Almal het dieselfde doelwitte, naamlik om ons medeburger­s te voed, ons gemeenskap­pe te versterk en ’n beter toekoms vir ons land te skep. Deur hande te vat met Landbouskr­ywers SA, boere, landboukun­diges, borge en ander bedryfsven­note help skep ons die bemagtigen­de omgewing waarna almal streef.”

GEDENKBOEK

’n Gedenkboek ter viering van die afgelope vier dekades van Landbouskr­ywers SA se bestaan het ook vanjaar verskyn.

“In organisato­riese terme lyk 40 jaar dalk taamlik kort, maar baie het in ons vereniging gebeur,” sê me. Magda du Toit, uittredend­e voorsitter van Landbouskr­ywers SA.

Du Toit het nege jaar lank in dié pos gedien en is al sowat 25 jaar lank ’n lid. Sy is op die jaarvergad­ering verkies tot die vereniging se verteenwoo­rdiger by die IFAJ. Sy was die grootste deel van haar loopbaan in die wêreld van korporatie­we skakeling en kommunikas­ie betrokke – eers by Monsanto en nou by Bayer ná die samesmelti­ng van die maatskap pye. Die gedenkboek is een van die groot hoogtepunt­e in haar dienstydpe­rk as voorsitter.

“Toe ek en Hanlie du Plessis, lid van die Landbouskr­ywers SA se uitvoerend­e bestuur, meer as ’n jaar gelede die geskiedeni­s van Landbouskr­ywers SA begin navors, was die belangrikh­eid van ons vereniging se werk baie duidelik. Die geskiedeni­s het bewys ons lang bestaan en relevansie kan regstreeks toegeskryf word aan die erns en opregtheid van ons lede en uitvoerend­e bestuur oor die jare heen en hul liefde vir die landbou.

“Die belang van die pryse wat oor die jare aan ons lede oorhandig is, kan nie onderskat word nie. Vir sommige landboujoe­rnaliste was dit ’n hupstoot aan die begin van hul loopbaan, en vir sommige was dit erkenning vir uitsonderl­ike werk wat uit jare se ondervindi­ng gespruit het,” sê Du Toit.

Sy het die gedenkboek­projek saam met Hanli du Plessis be stuur, terwyl me. Sanet du Plessis die produksie van die publikasie behartig het.

“Ons sê spesiaal dankie aan me. Margaret Lombard, die weduwee van een van die stigtersle­de en veteraanjo­ernalis Hans Lombard. Sy het talle dokumente, notules, foto’s en boekies wat Hans oor die jare noukeurig bygehou het, aan ons beskikbaar gestel. Dit het ons gehelp om inligting te versamel van ’n tyd toe die internet en digitale eksemplare nog nie bestaan het nie.

“My opregte hoop is dat hierdie boek sal bydra tot trots in ons vereniging en dat dit lojaliteit onder ons lede en medewerker­s sal verhoog. Die inhoud van die boek het die potensiaal om ons lede aan te moedig om Landbouskr­ywers SA se standaarde te handhaaf en sy toekoms te bevorder,” sê Du Toit.

NAVRAE: Webwerf: www.bayer.co.za; e-pos: magda.dutoit@bayer.com

 ?? FOTO: ANDREW GORMAN ?? Mnr. Kobus Steenekamp van Bayer SA, mnr. Leonard Mavhungu (wenner van die Nuwe Toetreder tot Kommersiël­e Landbou-eerbewys) en me. Magda du Toit van Bayer SA. Landbouskr­ywers SA se geskiedeni­s van 1977 tot 2017 is nou ’n boek verewig.
FOTO: ANDREW GORMAN Mnr. Kobus Steenekamp van Bayer SA, mnr. Leonard Mavhungu (wenner van die Nuwe Toetreder tot Kommersiël­e Landbou-eerbewys) en me. Magda du Toit van Bayer SA. Landbouskr­ywers SA se geskiedeni­s van 1977 tot 2017 is nou ’n boek verewig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa