Landbouweekblad

‘MILAGRO MOET BEKERS WEN’

-

Mnr. William van Rheede, oftewel Cas, het ná sy eerste beesskou amper nie teruggekee­r skouring toe nie omdat dit te uitputtend was, maar ná 14 jaar in die skoubedryf put hy groot genot uit sy werk as hanteerder.

Van Rheede, ’n gebore Noord-Kapenaar, het as 14-jarige saam met sy pa in die Oos-Kaap beland toe hy op ’n melkplaas gaan werk het.

“Daar het ek begin lief raak vir beeste.”

Me. Colette Masterson van Milagro, wat saam met haar man, Andrew, skou, sê Cas moet sorg dat die beeste se staanplek by die skou reg is.

“By die skoue wil mense altyd oorkant Cas in die stalle staan, want hulle weet dit is netjies en aan die kant.”

Sy sê Van Rheede maak vir die diere ’n mooi “bed” van kafbale wat hy netjies ophark, en hy sorg ook dat die strooi altyd silwerskoo­n is.

“Dit is maar Cas se aanslag. ’n Mens kan sy hand daarin sien,” sê Colette.

Van Rheede sê hy wil seker maak die skoubeeste wat in die skouring uitgaan, voldoen aan die beoordelaa­rs se vereistes, en dat hy alles in sy vermoë doen sodat Milagro bekers huis toe vat ná die skou. Hy is ook verantwoor­delik vir die vervoer van Milagro se skoubeeste. Hy moet seker maak die skoubeeste kom ongedeerd en in ’n goeie toestand by die skouterrei­n. Dié taak verg besonderse vaardighed­e omdat hy met lewende gewig agter op ’n trok ry, en só moet bestuur dat die beeste nie seerkry of merke opdoen nie.

“Ek maak altyd seker daar is dik strooi op die vloer, ook sodat hulle hoewe nie seerkry nie,” sê hy.

Om ’n wenner in die Grooms’ Challenge te wees is vir Van Rheede “onbeskryfl­ik”. “Dit is vir my ’n baie groot gebeurteni­s.” — FREDALETTE UYS

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Mnr. William van Rheede met die Landbouwee­kblad-baadjie wat hy met die Grooms’ Challenge gewen het.
FOTO: FREDALETTE UYS Mnr. William van Rheede met die Landbouwee­kblad-baadjie wat hy met die Grooms’ Challenge gewen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa