Landbouweekblad

Baadjies vir beste veeversorg­ers

- JACOLETTE KLOPPERS

Landbouwee­kblad het vanjaar vir die tweede keer veeversorg­ers en -hanteerder­s by Agri-Expo Livestock vereer. Mnr. Basie Erasmus van die plaas Blaauwberg by Melkbosstr­and is die wenner van 2018 se Grooms’ Challenge, en mnr. William van Rheede van die plaas Milagro by Humansdorp is die naaswenner.

‘JARE LATER SAL DIE BEESTE MY HERKEN’

Die beeste is soos sy kinders en hy raak lief vir hulle almal, sê mnr. Basie Erasmus, ’n versorger en hanteerder van vee op die plaas Blaauwberg by Melkbosstr­and.

“Hulle is altyd in my kop en in my hart. Ek sal hulle nooit vergeet wanneer hulle nie meer op die plaas is nie. Hulle raak deel van ’n mens.

“Elke dier het iets besonders. Hulle is almal verskillen­d; elkeen het iets anders wat hom laat uitstaan. En jy moet dit kan raaksien en weet wat om daarmee te doen. Om met die beeste te werk, moet regtig vir jou ’n passie wees.

“Jy gaan wen en suksesvol wees as jy die bees kan kry om saam met jou te werk. As jy wil hê hy moet iets doen, soos loop of op ’n sekere manier staan, dan moet hy dit kan doen. Die bees moet kan aanvoel wat jy wil hê hy moet doen. Dit gaan alles oor vertroue. En hoe beter die bees

hom gedra en saamwerk, hoe groter is jou kans om te wen.

“Ek wil nie foute maak nie. Ek wil die beste uit elke bees kry. Wat vir my die mooiste van alles is, is dat jy uitkry wat jy insit. As jy slapgat insit, gaan jy slapgat uitkry. Maar as jy 100% insit, gaan jy 100% uitkry.”

Erasmus, wat op Moorreesbu­rg grootgewor­d het, is onder meer verantwoor­delik vir die voorbereid­ing en versorging van die beeste voor en tydens skoue, asook om hulle te voer, skeer en

vervoer. Hy lei ook die jonger manne op om diere te hanteer.

“Die opleiding is baie lekker. Dit is ’n proses waardeur jy gaan. Jy moet eers respek afdwing, en dan sal hulle vir my respek teruggee. Niks gebeur sonder harde werk nie.

“Ja, ek weet die land is deurmekaar, maar die Here sal altyd ’n uitweg gee. Alles wat ek hoop, ook vir my kinders, hoop ek op Hom. Alles wat ek bereik het, is deur die Here.”

 ?? FOTO: HELÉNE BOOYENS ?? Die sluise van die hemel het oopgegaan toe Landbouwee­kblad mnr. Basie Erasmus van die plaas Blaauwberg se wenbaadjie gaan aflewer het terwyl hy besig was om beeste aan te jaag.
FOTO: HELÉNE BOOYENS Die sluise van die hemel het oopgegaan toe Landbouwee­kblad mnr. Basie Erasmus van die plaas Blaauwberg se wenbaadjie gaan aflewer het terwyl hy besig was om beeste aan te jaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa