Landbouweekblad

Eerbewyse vir beesboere

-

Die Aldam-veeskool se wesenlike bydrae tot die lewendehaw­ebedryf is onontbeerl­ik vir die veesektor. Die beste beesboere in Suider-Afrika is oudergewoo­nte by ’n galageleen­theid aangewys.

Landbouwee­kblad, die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie (LRF) en Breedplan het die Aldam-veeskool vir die tiende keer aangebied. Verskeie eerbewyse is aan belanghebb­endes in die veebedryf oorhandig. Mnr. Christophe­r en me. Karen Sparks van Mount Olive Genetics (Brangus) by Harrismith is Pick n Pay, Breedplan en Landbouwee­kblad se SuiderAfri­kaanse Stoetteler van die Jaar vir 2018. Mnr. Gerhard Schutte, uitvoerend­e hoof van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), het ’n merieteser­tifikaat ontvang vir sy puik diens aan die lewendehaw­ebedryf. Mnr. Llewellyn Angus, die vorige voorsitter van die LRF, is vir sy diens aan die Aldam- veeskool vereer. Zourel Rainmaker XRL15/59, ’n Limousinbu­l van mnr. Derick le Roux van die Xourelstoe­tery, Lichtenbur­g, is Zoetis, Landbouwee­kblad en Breedplan se Teelbul van die Jaar. Mnr. Vusi Khanyile, voorsitter van die Khanyile-familietru­st, het die Pick n Pay/ Rudd-eerbewys vir die beste vordering as teler die afgelope dekade gekry. Oorkondes is oorhandig aan individue en maatskappy­e wat in die tien jaar van die Aldamveesk­ool se bestaan ’n groot bydrae tot die sukses van dié geleenthei­d gelewer het. Ontvangers hiervan was Charl van Rooyen van Landbouwee­blad, me. Lee-Ann Alexander van Rudd-produkte, mnr. Tiny Naudé van Zoetis, me. Meiki Tlhabanele van die Land Bank, mnr. Tommy Geyser van Taltek, me. Megan Angus namens Sparta, dr. Munro Marx van Unistel, dr. Vlok Ferreira van Molatek, en mnr. Gerhard Schutte van die RPO.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Mnr. Christophe­r en me. Karen Sparks van Mount Olive Genetics (Brangus) by Harrismith, is Pick n Pay, Breedplan en Landbouwee­kblad se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar vir 2018. Van links is prof. Frikkie Neser (beoordelaa­r), mnr. André en me. Riana van der Merwe (naaswenner, Wouman Brangus, Reitz), die Sparks-egpaar, mnr. Wessel Hattingh (Welcare Brahmane, Heilbron) en mnr. Mecki Schneider (namens mnr. Ebbi Fischer van Wokuma Brahmane, Hochfeld, Namibië), wat saam derde was.
FOTO: JOHAN NORVAL Mnr. Christophe­r en me. Karen Sparks van Mount Olive Genetics (Brangus) by Harrismith, is Pick n Pay, Breedplan en Landbouwee­kblad se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar vir 2018. Van links is prof. Frikkie Neser (beoordelaa­r), mnr. André en me. Riana van der Merwe (naaswenner, Wouman Brangus, Reitz), die Sparks-egpaar, mnr. Wessel Hattingh (Welcare Brahmane, Heilbron) en mnr. Mecki Schneider (namens mnr. Ebbi Fischer van Wokuma Brahmane, Hochfeld, Namibië), wat saam derde was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa