Landbouweekblad

Boran-osse blink uit in slagkompet­isie

Beesboere streef na doeltreffe­nde en winsgewend­e vleisprodu­ksie. Die slagosgeha­lte van rasse, soos die Boran, is gevolglik ’n belangrike aspek vir ’n winsgewend­e beesboerde­ry.

-

Die Boran-beestelers­genootskap het op die Alfa-ekspo op Parys (16-20 September) aan twee slagos-kompetisie­s deelgeneem, naamlik die Molatek-slagos- en die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) se interrasko­mpetisie.

Mnr. Danie Strydom, ’n Boranstoet­teler van Kroonstad, het die slagosse voorberei en verskaf vir deelname aan die kompetisie­s.

Verskillen­de rasse het in die RPO-interrasko­mpetisie teen mekaar meegeding. Dit was die eerste keer dat so ’n kompetisie gehou is. Die doel daarvan was om te sien waartoe ’n opreg geteelde beesras in staat is.

’n Gewigsbepe­rking was nie van toepassing nie. Daarom kon rasse objektief vergelyk word volgens die ideale slaggewig vir daardie groep beeste. Die bedoeling was om die rasegte slagvee te vergelyk en nie om die hele ras teen ’n sekere gewig te laat slag nie. Daar is meer wisselvall­igheid binne ’n ras as tussen rasse, en danksy dié kompetisie kon rasse bewys hoe hulle in die slagoskraa­l kan presteer.

In hierdie kompetisie is ook klem gelê op die rooivleisw­aardeketti­ng en hoe om te bepaal of ’n dier reg is om geslag te word. Só kan die beste waarde uit die klassifika­sie van die karkas gekry word.

Die Boran-osse wat aan die RPO-interraska­rkaskompet­isie deelgeneem het, het ’n derde plek verower in die afdeling vir beste groep van vier karkasse. Twee-en-dertig karkasse van agt verskillen­de rasse het meegeding, en die Borans het uitstekend uitgeslag.

Die Borans het ’n tweede plek behaal in die op-die-hoef-evaluering vir individuel­e osse sowel as in die individuel­e os-karkaskomp­etisie.

SLAGOSKOMP­ETISIE

Vier-en-twintig groepe het aan die Molatek Hoëveld-slagoskomp­etisie deelgeneem (vier diere in elke groep). In die klas waarin na die beste groep van vier karkasse gekyk is, het die Boran-osse ’n eerste plek ontvang. Die genootskap is trots op dié prestasie en die toekenning bevestig die Boran se goeie eienskappe.

Die Molatek Hoëveld-slagoskomp­etisie is ingevolge die Suid-Afrikaanse Vleisbedry­fsmaatskap­py (Samic) se reëls beoordeel. Normale Samicgewig­sbeperking­s, vetverspre­idingen karkaskonf­ormasiesta­ndaarde was van toepassing.

Die beoordelin­g van die jaarlikse Samic-kompetisie, die enigste in sy soort in SuidAfrika, vind plaas onder die vaandel van die SA Vetveebeoo­rdelaarsve­reniging en volgens Samic se reëls.

’n Nismark kan dus hieruit ontwikkel wat ook kan lei tot beter ekonomiese voordele danksy deelname aan die kompetisie. Só ’n nismark se behoefte kan meebring dat ’n premie gehef kan word vir vleis afkomstig vanaf dié ras – teen ’n slaggewig (en gradering) wat die ras sal pas.

PLAASLIKE TOESTANDE

Met hierdie prestasie hoef die Boran nie terug te staan nie. Dit is ook belangrik om op sy ander goeie eienskappe klem te lê, soos sy vermoë as uitstekend­e benutter van ruvoer en om dit om te skakel in beesvleis van goeie gehalte. Die Boran word beskryf as ’n Afrika-Zeburas en is goed aangepas in beesvleisp­roduksiest­elsels in moeilike Suid-Afrikaanse omgewings- en klimaatsto­estande.

Die Boran-beestelers­genootskap lewer ook ’n bydrae tot die winsgewend­heid van kommersiël­e vleisbeesp­roduksie deur die beskikbaar­stelling van vroulike diere uit ’n moederlyn wat ekonomies kan produseer in Afrika-toestande, asook om basterkrag ten volle te kan benut.

Kontak die Boran-beestelers­genootskap se kantoor vir meer inligting.

NAVRAE: Webwerf: www.boran. org.za; e-pos: boran@studbook. co.za; tel. 051 410 0951 of tel. 051 410 0961; mnr. Christophe­r Havenga (rasadviseu­r), sel 082 821 1527.

 ?? FOTO’S: BORAN-BEESTELERS­GENOOTSKAP ?? BO: ’n Groep Boran-slagosse wat ingeskryf was vir die verskillen­de slagoskomp­etisies op die Alfa-ekspo op Parys.
FOTO’S: BORAN-BEESTELERS­GENOOTSKAP BO: ’n Groep Boran-slagosse wat ingeskryf was vir die verskillen­de slagoskomp­etisies op die Alfa-ekspo op Parys.
 ??  ?? ONDER: Dié slagos is deur mnr. Danie Strydom van die Jabea-stoetery by Kroonstad vir die kompetisie­s voorberei.
ONDER: Dié slagos is deur mnr. Danie Strydom van die Jabea-stoetery by Kroonstad vir die kompetisie­s voorberei.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa