Landbouweekblad

SMS nou en wen gratis kajuite vir Seil-Safari!

Lesers het die kans om een van tien dubbelkaju­itbespreki­ngs vir Laeveld Agrochem se Seil-Safari te wen! Die wenners sal gratis toegang tot die volledige program, asook verblyf op die luukse MSC Musica ontvang tydens die volgende Seil-Safari van 1-5 April

-

Laeveld Agrochem is druk besig met voorbereid­ings vir die Seil-Safari op die luukse passasiers­kip die MSC Musica. Dié bootreis duur van Maandagogg­end 1 April tot Vrydagogge­nd 5 April, en vertrek vanaf Durban na Pomene in Mosambiek. Laeveld Agrochem se Seil-Safari is anders as die tipiese luukse bootreis en is pasgemaak vir boere, hul gesinne en mense in landboukri­nge.

Slegs ’n beperkte aantal kajuite is beskikbaar, maar tien gelukkige paartjies kan gratis dubbelkaju­ite wen. Om in aanmerking te kom vir die prys, moet jy aan die SMS-kompetisie deelneem. SMS die woord “Seil” saam met jou plaas se naam, jou naam, van en adres na 33677. Volledige bepalings en voorwaarde­s is op

Landbou.com beskikbaar. SPESIAAL VIR BOERE

Dié unieke landbouboo­tvaart is die geesteskin­d van mnr. Corné Liebenberg van Laeveld Agrochem. Die program kombineer aspekte van ’n landbousko­u, boeredag, werksessie­s, vermaak en ontspannin­g, waaronder ’n besoek aan die Pomene-eiland.

“Ons wil ’n spesiale platform skep waar produsente kan ontspan, kennis inwin, lesse uitruil en skakelgele­enthede ontgin – sonder die gejaag van die alledaagse lewe. ’n Produsent staan nooit alleen nie, en op die Seil-Safari kan hy ál die bogenoemde saam met sy gesin beleef, asem skep, batterye herlaai en hoop kry vir die toekoms,” sê Liebenberg.

“So ’n reis is ook nie uitspattig nie. Dit kos baie dieselfde as ’n tipiese gesinsvaka­nsie, inaggenome wat alles ingesluit is. Boonop betaal die produsent self daarvoor. Ons doen dit omdat ons ’n behoefte vir hierdie soort interaksie waargeneem het.” LEER AAN BOORD

Landbouspr­ekers is die Dinsdag en Donderdag aan die woord, met vermaak en musiek tussendeu. Grondhervo­rming, plaas- en arbeidsbes­tuur en praktiese wenke oor boerderypr­aktyke is van die onderwerpe.

Een van die sprekers, mnr. Erik de Vries, hooflandbo­ukundige van Agri Technovati­on, gaan saam met die Laeveld Agrochem-span praat oor die nuutste produkte en presisiedi­enste.

Dr. Johan Willemse, bekende landbou-ekonoom, sal perspektie­f gee oor die ekonomie en hoe dit boere raak. Nog ’n spreker is die bekende beesboer mnr. Nick Serfontein van die Sernick-groep, wat ’n boodskap van hoop gaan bring en meer vertel oor hoe hy opkomende boere oplei.

Mnr. Theo Vorster, uitvoerend­e hoof van Galileo Capital, en mnr. Theo Venter, politieke en beleidspes­ialis, sal oor relevante landbousak­e gesels.

Mnr. Jerry Maritz, uitvoerend­e hoof van graan by VKB Landbou, gaan ’n aanbieding oor graanversk­ansing op Safex lei.

Die Woensdag gaan Toyota die nuwe Yaris ten toon stel. Dié motor is ideaal vir die boer se kind wat studeer of in die stad werk.

Donderdag is uitstaller­sdag, en produsente kry die geleenthei­d om kennis te maak met die nuutste tegnologie, werktuie en monitering­stoerustin­g vir die landbousek­tor. Gesels gerus met kenners en verteenwoo­rdigers om meer oor dié dienste en produkte uit te vind. BLAASKANS

Die nuwe MSC Musica het moderne kajuite en geriewe. MSC bied spesiale vermaak vir kinders. Afgesien van vyfsteraan­detes en drie swembadden­s is daar minigholf, ’n tennisbaan, ’n vlugbalbaa­n en ’n speletjies­vertrek.

Gaste kan ook deelneem aan gelukkige trekkings, wat ’n persoonlik­e kuiersessi­e saam met van die kunstenaar­s insluit. TERUGVOERI­NG

Oorweldige­nd gunstige terugvoeri­ng het ná die vorige bootreis aangedui hoekom dit ’n wenwen-geleenthei­d vir die boer en sy gesin is. “Dit het ons verwagting­e oortref met leersame lesings, goeie vermaak en verblyf, en eersteklas kos en drankies. Dankie vir die onvergeetl­ike reis,” het mnr. Gys du Toit sr. van die Dutoit Groep gesê. BESPREEK NOU

Die koste beloop vanaf R5 400 per persoon wat ’n binnekajui­t deel. Dit sluit alle etes en vermaak, die Pomene-besoek en die konferensi­e in. Hawebelast­ing van R1 235 per persoon en drankies is uitgesluit by dié prys.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Laeveld Agrochem se Seil-Safari is ’n bootreis wat gemik is op boere en hul gesinne. Dit kombineer vermaak en inligtings­essies soos geen boeredag op land kan regkry nie.
FOTO’S: VERSKAF Laeveld Agrochem se Seil-Safari is ’n bootreis wat gemik is op boere en hul gesinne. Dit kombineer vermaak en inligtings­essies soos geen boeredag op land kan regkry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa