Landbouweekblad

VERSNEL VRUGBAARHE­ID IN JOU KUDDE

-

Beladingst­empo en vrugbaarhe­id is waarskynli­k die belangriks­te twee pilare van enige beesboerde­ry. Daar word algemeen aanvaar dat vrugbaarhe­id laag oorerflik is, en ’n norm van 3% tot 10% word wêreldwyd erken.

“Teen die agtergrond van oorerflikh­eid, wat die hoeveelhei­d variasie in ’n eienskap is wat aan gene te wyte is, klink dit egter nie reg dat vrugbaarhe­id laag oorerflik is nie en ek skop viervoet vas teen dié opvatting,” sê mnr. Gerrit van Zyl, rubriekskr­ywer van Landbouwee­kblad.

“Ek sluk ook moeilik daaraan dat 90% van praktiese vrugbaarhe­id aan bestuur of die omgewing toegeskryf kan word. Omdat die boer vir gewig betaal word, is of was die klem die afgelope 30 tot 40 jaar meer op groei en karkaseien­skappe. Eienskappe vir reproduksi­e by die manlike en vroulike diere is dalk te maklik oorgesien. Vir die kommersiël­e boer is reproduksi­eeienskapp­e egter vier keer belangrike­r as karkaseien­skappe as na winsgewend­heid gekyk word.

“Om ’n vrugbaarde­r kudde te teel is uitskot ’n punt waarby jy kan begin, maar dit moet uiteindeli­k eers gaan oor die keuse van

die gewenste diere. Omdat bulle ’n baie groter en vinniger bydrae tot ’n kudde lewer, is dit die plek waar jy begin. Altesaam 87,5% van die genetiese samestelli­ng van jou kudde vandag is immers die resultaat van die bulle wat jy die afgelope drie generasies gebruik het,” sê hy.

“Met dié kennis moet ons opnuut konsentree­r op die bulle wat ons koop of gebruik. Hou dus aan om die diere wat oorslaan, uit te skot, maar begin ook bulle gebruik wat van vrugbare moeders kom wat op natuurlike weiding sonder te veel hulp gereeld kalf. Stel hierdie bulle dan bloot deur middel van meerbulpar­ing en hou die bulle wat die toets van praktiese vrugbaarhe­id slaag. Moet nooit ophou om voortduren­d met dissipline en sonder verskoning­s vir dié eienskap te selekteer nie. Jy sal verbaas wees hoe hoog oorerflik vrugbaarhe­id eintlik is.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa