Landbouweekblad

BONNIEVALE SE WONDERWERK­SKOOL

- — LUCILLE BOTHA

Die Tegniese Skool Jakes Gerwel wat vanjaar op Bonnievale oopgemaak het, getuig van ’n gemeenskap se vermoë om te kan saamwerk om ’n beter toekoms vir sy kinders te skep.

Soos op talle ander landboudor­pe is werkgeleen­thede op Bonnievale seisoensge­bonde en is die meeste van die sowat 11 000 inwoners afhanklik van staatstoel­aes. Saam met die armoede steek talle ander maatskapli­ke probleme kop uit.

Toe mnre. Philip Jonker, wynboer van die plaas Weltevrede, en Wilhelm de Wet, ’n aktuaris op Bonnievale, agterkom daar is amper vyf keer meer kinders wat laerskool voltooi as wat daar plek voor is in die enigste hoërskool, wou hulle ’n oplossing vind. Die Wes-Kaapse departemen­t van onderwys (WKOD) het egter nie begroot vir ’n nuwe hoërskool nie, maar was bereid om 40% van die boukoste te dra en te help om onderwyser­s aan te stel as die gemeenskap grond en 60% van die geld kon gee om die skool op te rig. In 2016 het hulle die JGE-finansieri­ngstrust begin, en sonder om te weet hóé, het hulle ingestem om R65 miljoen bymekaar te maak sodat die skool betyds kon oopmaak vir die 2018-skooljaar – en dit te midde van ’n knellende droogte.

Philip en Wilhelm het ’n stuk grond geskenk en ’n tussentyds­e beheerligg­aam saamgestel wat “al die kleure van die reënboog en die geografies­e gebiede van Bonnievale” ingesluit het.

“Ons het aan elkeen gevra: ‘Wat is in jou hand? Doen net wat vir jou uitgemeet is.’ Mense kon ’n enkele baksteen teen R2,50 skenk of klippies op die sportvelde kom optel, plaaslike beroepslui het gratis gewerk of toerusting verniet verskaf en boere het duisende liter brandstof geskenk. Die uiteinde was ’n tegnologie­s gevorderde skool, wat ’n hoofstroom- én vaardighei­dsbaan bied. Tans is daar elf klaskamers, twee rekenaarlo­kale en twee ingenieurs-, grafika- en ontwerplok­ale. Die volgende fases sluit nog tien klaskamers, ses tegniese werkwinkel­s, drie verbruiker­studieloka­le, vier tennis- of netbalbane en aantrekkam­ers in.

Me. Kubeshini Govender, hoofopvoed­ingspesial­is vir spesiale projekte by die WKOD, sê: “Nasiebou gaan voort in Bonnievale, want dis nie meer ‘ons’ en ‘hulle’ nie. Almal het hande gevat. Dis ’n model vir die res van die land.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa