Landbouweekblad

WINGERDVOE­DOE HELP TOE MET DIE DROOGTE

- — LUCILLE BOTHA

Biodinamik­a het tydens die afgelope droogte sy staal gewys op Reyneke Wines buite Stellenbos­ch.

Mnr. Johan Reyneke se gemiddelde opbrengs was konstant, plaagbestr­yding is goedkoper en boonop besproei hy nou 50% minder as toe hy destyds konvension­eel geboer het. En oor die gehalte van sy wyn kan daar nie gedebattee­r word nie.

Hoewel sy totale opbrengs met gemiddeld 1 t/ha gedaal het sedert hy rondom die eeuwending eers die organiese en later biodinamie­se roete ingeslaan het, is die boerdery baie meer winsgewend. “Ons het beheer geneem van ons produksiek­oste deur in ons eie behoeftes te begin voorsien.”

Wyle Jean Malherbe van Bloublomme­waarde

tjieskloof naby Wellington het hom destyds aangemoedi­g om biodinamik­a te beproef.

“Biodinamik­a word dikwels die voedoe van wingerdbou genoem, maar eintlik is dit soos ’n tafel wat op vier bene rus.”

Dis selfversor­gendheid, ’n begrip oor die inherente waarde van dinge, preparate en die plantkalen­der.

’n Trop Nguni-beeste het hom selfversor­gend gemaak. Hulle verwerk kelderafva­l – soos doppe en stingels – en omskep dit in ’n bate (kompos), wat weer in die wingerd gebruik word. Hulle doen ook onkruidbes­tuur, omdat hulle wintertyd in die wingerd wei.

“Jy skep ’n geslote stelsel. Só gebruik jy die natuur om mettertyd die grond op te bou. Danksy die verhoogde humusvlakk­e is ons grond se waterhouve­rmoë beter en afloop minder.” Diere, werknemers en plante se inherente waarde as items wat

kan toevoeg, word gerespekte­er. “Ons beeste word nie onthoring nie, hulle leef vry, hulle gaan nie na ’n voerkraal toe nie. Ons is dankbaar vir al die ander dinge wat hulle ook na die plaas toe bring, soos hul mis, hul vermoë om weidings te skep en hul vermoë om my kalmer te laat voel.”

Die laaste twee bene, preparate en die plantkalen­der, is die vreemde dinge wat mense gewoonlik van biodinamik­a afsit, vertel Johan. Daar is 9 preparate – 500 tot 508. Die preparate 500 en 501 is die boordspuit­e, 502 tot 507 is kompos-preparate en 508 word gebruik teen swamsiekte­s.

Johan raadpleeg die biodinamie­se kalender, maar volg dit nie dogmaties nie. “Vir my is biodinamik­a ’n lekker stelsel, dis goed vir die omgewing, dis winsgewend en dit hou boerdery interessan­t.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa