Landbouweekblad

NUWE GESLAG SE MEGASUKSES

- — JASPER RAATS

Die leweringsy­fers van die AL 3-boerdery is indrukwekk­end: jaarliks sowat 38 000 ton aartappels vir die varsproduk­temark, 7 000 ton moere vir eie gebruik en ander kommersiël­e boere, 20 000 ton uie en 3 700 ton botterskor­sies. Dit is egter nie waaraan mnr. CT van der Merwe (regs op die foto), wat in Limpopo, Mpumalanga en die Noord-Kaap boer, sy sukses meet nie.

Sy oupa, Theuns, moes die inkomste uit ’n klein stukkie grond by Dendron met ’n kafee aanvul. Sy pa, Carl, het dit uitgebou met klipharde werk, die ontwikkeli­ng van plase, net drie tot vier uur se slaap per nag – en dikwels sommer in die bakkie omdat die sproeiers kort-kort verskuif moes word.

Toe CT die boerderyle­isels oorneem, het dit egter nie net in sy skoot geval nie. Dit was na aanleiding van ’n noukeurige brief waarin hy sy planne oor groei en volhoubaar­heid uiteengesi­t het, onder meer ’n nuwe reklameben­adering, volledige standaardb­edryfspros­edures, deeglike prestasie-evaluering en die toepassing van tegnologie om mense meer doeltreffe­nd te benut, wat die knoop vir sy pa deurgehaak het.

Op al die plase aanvaar almal – selfs op grondvlak – verantwoor­delikheid vir vooruitgan­g. Gevolglik word na al die AL 3-plaasbestu­urders as boere verwys, en die plase word as vennootska­ppe bestuur. Elkeen boer dus vir sy eie deel van die wins. Dié model word sover moontlik tot op grondvlak toegepas.

Grondgeson­dheid is ’n saak van erns, en CT sê hul eerste verantwoor­delikheid is teenoor die grond. Al tien jaar gelede het AL 3 begin kyk na die afname in opbrengste ondanks tradisione­le kunsmistoe­diening. Maniere om produktiwi­teit en grondgehal­te te verbeter het hulle by die Albrecht-stelsel vir grondvrugb­aarheid uitgebring – en die uitpakpers­entasies getuig van die sukses van die stelsel.

Verlede jaar het hulle ernstig na die mikrobiolo­gie van hul grond gekyk en net twee derdes van die gewone hoeveelhei­d stikstof toegedien, die helfte van die kalium en fosfaat – en ’n baie beter oes as in die verlede behaal, met 63% van die AL 3-handelsmer­k se hoogste graad aartappels. Die vorige gemiddelde was 45%.

Hulle soek voortduren­d maniere om te verbeter – een so ’n voorbeeld is ’n spesiaal ontwerpte skoen vir hul planter wat aartappels in verspringe­nde rye plant sodat dit nie ’n reguit lyn vorm nie. Dié plantmetod­e gee vir hulle meer mediumgroo­t aartappels.

By CT op die foto is mnr. Ernest Rossouw wat saam met hom werk.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa