Landbouweekblad

DIÉ SPAN WYS HOE

- — AMELIA GENIS

’n Voormalige plaaswerke­r wat hom nie van sy droom om te boer, laat afskrik nie, ’n mentor sonder ’n dubbele agenda en ’n landbouvoo­rligter wat sy werk doen. Is dít die wenresep vir die suksesvoll­e vestiging van nuwe boere wat Suid-Afrika al soveel jare ontwyk?

Die driemanska­p is mnre. Dirk Louw (middel op die foto), die boer, Boitumelo (Tumi) Thukubi, landbouvoo­rligter (links), en André Smith, boer en mentor (regs).

Dirk het nege jaar by André gewerk met die verstandho­uding dat hy mettertyd op sy eie plaas wou boer. Deesdae is hy en sy vrou, Reny, die mense agter Silver Moon Investment­s 358 BK. Hulle boer buite Groblersho­op met pekanneute, lusern, rosyntjie-, tafel- en wyndruiwe op 47 ha eie grond en 18 ha huurgrond.

Dirk het eers saam met ander, wat nie sy boerderydr­oom gedeel het nie, grond bekom. Toe sake nie uitwerk nie, het hy gesê hy weier dat sy droom voor sy oë in duie stort en voorgestel hulle beraam ander planne.

Gelukkig wou die Regering ook nie sy droom sien vervaag nie. Wat hulle kon doen, was om alle grond te verkoop en die geld tussen die vennote te verdeel en iets anders te gaan doen, ’n deel van die grond te verkoop en dié geld in die grond te belê en met die boerdery aan te gaan, of dat hy die ander vennote uitkoop en op sy eie boer.

Hy het die laaste opsie verkies. “Dan is ek alleeneien­aar van die grond. Misluk ek, dan is dit mý dood.”

Buiten harde werk is die ondersteun­ing van ’n toegewyde regeringsv­erteenwoor­diger baie belangrik.

Tumi sê wat hom van Louw beïndruk, is dat hy nie bakhand staan en vir die departemen­t wag om hom te help nie. “Hy luister en is gewillig om te leer. Hy doen altyd iets van sy kant af, nie soos ander boere wat net kla, kla, kla nie.” Hy wil hom help totdat hy alle gewasse kan oes. “Ek dink hy gaan teen 2020-2021 onafhankli­k wees.”

André sê Dirk moet in die top-20% presteer om suksesvol te wees. “Hy moet baie genade kry, want die risiko is groot. Die wingerd ryp dood, maar die neute presteer. Ons moet met die regte gewas boer omdat die klimaat verander het.”

André sê ’n goeie mentor verbind homself emosioneel tot die projek sodat dit nie moontlik is om weg te stap as dit sleg gaan nie. Boere word soms mentors om hul boerdery uit die moeilikhei­d te help. “Ouens se bedoelings moet eerlik wees en daar moet wedersydse vertroue wees. Mentorskap is ’n waagstuk en harde werk.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa