Landbouweekblad

BADENHORST-BYBEL WYS PAD NA GROTER WINS

-

Ná meer as twee dekades waarin mnr. Koos Badenhorst van BDK Ouditeure op Caledon betrokke was by ’n landboueko­nomiese normstelli­ngstudie waar die syfers van sowat 45 plaaseenhe­de in die EGVV-gebied (Elgin, Grabouw, Villiersdo­rp en Vyeboom) ontleed word, kan hy tereg sê: Dis eerder beter produksie (van gehalte) as ’n toe beursie wat vrugteboer­e se wins bepaal.

Boere wat lê in die boonste kwart van die winsgewend­heidsindek­s van die Badenhorst Bible (soos boere onder mekaar na die studie verwys), het in 2015 en 2016 onderskeid­elik sowat R50 000 en R41 000 per hektaar méér wins gemaak as die groepsgemi­ddelde. “Ons kan met vers en kapittel bewys wat groter wins aandryf. Dis tonne, tonne en tonne.”

Volgens hom word beter inkomste in vrugteboer­dery aangevuur deur produksie per hektaar, die gehalte van produksie en koste per hektaar. Die som lyk só: Die boer in die gemiddelde groep se gemiddelde inkomste in 2016 was ongeveer R222000/ha en sy gemiddelde uitgawes was R143000/ha. Sy produksie is 65 t/ha. Dit sit wins van sowat R80 000 in sy sak.

Die inkomste van die besteprakt­ykboere (die boere in die boonste 25%, wat R41 000/ha meer wins gemaak het) is R257 000/ha. Hul uitgawes is R6 000/ha laer as hul eweknieë in die gemiddelde groep. Maar hul wins is R120000/ha danksy ’n opbrengs van 72 t/ha – 16% meer as die groepsgemi­ddelde. “As jy dit per ton uitdruk, het die gemiddelde boer R3400/ton gekry en die besteprakt­yk-boer R3 600/ton. Dit is net sowat 4% meer, maar die res van hul inkomste is alles danksy produksie. Die eerste ding van winsgewend­heid wat tel, is produksie. Niks kom daarby nie.”

Wins stel die besteprakt­yk-boere in staat om boorde vroeër te herplant, ’n stap wat hulle weer voor op die kurwe sit – en beteken dat die gaping tussen die topboere en die gemiddelde­s rek. Mnr. Tonie Linde sê boere moet konsentree­r op die regte kultivars en die regte gehalte aan die boom. Hy sê hul studie is nie ’n wonderoplo­ssing nie, maar help boere om hul prosesse met verloop van tyd te verfyn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa