Landbouweekblad

KLEIN GENETIKALA­BORATORIUM TRAP GROOT SPORE

- — AMELIA GENIS

Die genetiese ontledings en merkerwerk wat ’n klein onafhankli­ke laboratori­um op Worcester doen, het die afgelope 15 jaar plaaslike graan- en druiweteel­programme en navorsing ’n reuse-hupstoot gegee.

CenGen het ontstaan toe dr. Renée Prins (regs op die foto) haar belowende loopbaan in plantgenet­ikanavorsi­ng wou voortsit nadat sy en haar man Worcester toe verhuis het.

Sy en een tegnikus het begin om vir die Suid-Afrikaanse Garsteelin­stituut (Sabbi) genetiese profiele van hul kultivars en lyne te genereer en mettertyd dieselfde vir Sensako se koringteel­program begin doen. “Vandag genereer ons derduisend­e DNS-datapunte vir die koringteel­programme van Sensako via die laboratori­um vir molekulêre merkerdien­ste wat die Wintergraa­ntrust (WGT) finansier.”

CenGen doen ook molekulêre egtheidsto­etse op vrugte en kon onlangs die maatskappy Provar help om stuifmeelv­erenigbaar­heid by verskillen­de pruimkulti­vars te toets.

Die CenGen-span is besig met die eerste poging om ’n siekteweer­standsgeen in koring in Suid-Afrika te kloneer, sê Renée. “Die voordeel daarvan is dat as jy ’n geen se presiese volgorde het, jy nie met merkers langs die geen hoef te werk nie, en kan jy akkurater werk. As ’n merker langs ’n geen is, kan jy maklik uitkruisin­g tussen die geen en die merker kry wat veroorsaak dat die merker nie akkuraat kan voorspel of die geen teenwoordi­g is nie. Maar van ’n gekloneerd­e geen kan jy perfekte merkers vir die geen ontwikkel, want jy het toegang tot sy hele DNS-volgorde.”

Finansieri­ng vir die projek is versterk toe ’n Dupont Pioneer Open Innovation-navorsings­prys vanjaar aan CenGen en ’n medewerker, prof. Simon Krattinger van King Abdullah University of Science and Technology (KAUST) in Saoedi-Arabië, toegeken is.

CenGen kan deesdae meer monsters vinnig en akuraat verwerk danksy gesofistik­eerde robotte en sagteware wat daar geplaas is as deel van die biermaatsk­appy AB InBev se verbinteni­s tot openbare belang. Die intellektu­ele eiendom wat met die toerusting geskep word, sal in die openbare domein tot voordeel van die landbou wees.

Dié toerusting gaan gebruik word om nuwe grondstoww­e vir die brouproses te ontwikkel en produksiek­apasiteit te verbeter, sê dr. Nikki Else, navorsings- en ontwikkeli­ngsbestuur­der vir landbou in Afrika by AB InBev.

Die robot sal aansienlik groter hoeveelhed­e DNS van ’n beter gehalte teen ’n laer koste lewer. Dit sal baie help met ouerseleks­ie vir kruisings, asook vir spesifieke eienskappe. Renée sê deur dié infrastruk­tuur plaaslik beskikbaar te hê, kan data vinnig voortgebri­ng word sodat telers binne ’n paar dae oor duisende plante se “geen-inhoud” ingelig kan wees sonder dat hulle dit al op die land kon waarneem. “Telers ken dus die inhoud van die lyne terwyl dit nog jong plante op die land of in die kweekhuis is.”

Die apparaat se kapasiteit en spoed help CenGen se opgeleide personeel om meer tyd aan ontleding te bestee.

By Renée op die foto is prof. Zakkie Pretorius, navorsings­genoot aan die Universite­it van die Vrystaat.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa