Landbouweekblad

KIWI’S OP DIE KRUIN

- — LUCILLE BOTHA

Danksy beter aangepaste kultivars en goeie markgeleen­thede wêreldwyd brei die plaaslike kiwibedryf stadig maar seker uit.

Kiwi’s is gewild in van China tot Amerika, maar in Suid-Afrika word tans nog net sowat 100 ha groen en 100 ha geel kiwi’s verbou. Daar is egter geleenthed­e vir die land om ’n gerekende kiwiprodus­ent te raak, daarom wil maatskappy­e soos TopFruit die bedryf behoorlik vestig en uitbrei.

Volgens mnr. Roelof du Toit van TopFruit se kiwi-afdeling wat betrokke is by 15 proefblokk­e reg oor die land, kan ’n boer konserwati­ef gesproke R400 000/ha verdien. Tans word die meeste kiwivrugte in Limpopo verbou, meestal die ou Hayward-kultivar. Maar groot beleggings word gemaak om geelvleisk­iwikultiva­rs aan te plant – veral om voordeel te trek uit die markgaping wat tussen Februarie en Maart bestaan, voor die Nieu-Seelandse seisoen begin.

“Daar is geleenthed­e om vir die Noordelike Halfrond se afseisoen te lewer, maar ook vir die Suidelike Halfrond, waar meer as 90% van die kiwi’s nog ingevoer word,” sê mnr. Tilis Mogee van TopFruit.

Roelof voorspel dat Afrika, Europa, Maleisië, Singapoer en Hongkong Suid-Afrika se grootste markte gaan wees.

“Ons seisoen is vroeër as Nieu-Seeland s’n. Ons sal hulle dus in die Asiese markte voorspring en ons is nader aan Europa as Nieu-Seeland, wat ook in ons guns tel.”

Hayward is ’n groen vrug met ’n suurderige smaak, wat sowat 600 tot 800 koue-eenhede nodig het. Die nuwe generasie kiwi’s het egter ’n beter smaak en houvermoë, en kan in ’n wyer verskeiden­heid klimaatstr­eke geplant word omdat dit ’n laer kouebehoef­te het.

TopFruit het die plaaslike lisensie om Dori, ’n Italiaanse kultivar met geel vleis en ’n soet smaak, te versprei. Dit vereis slegs 400-600 koue-eenhede. Hulle toets ook Red Sun 1, ’n rooivleisk­iwi uit China.

Kiwivrugte is uiters klimaatsge­bonde, daarom moet boere seker maak hulle soek die regte gebiede en kultivars uit. Kiwi’s vereis hoë humiditeit, koeler somers, genoeg koue-eenhede en goed gedreineer­de grond met ’n pH-waarde van 5,8 tot 6,5. Data-ontledings toon gebiede waar dit die beste gaan aard, is Magoebaskl­oof, Waboomskra­al, Nelspruit, Witrivier, Langkloof, Swellendam, Rawsonvill­e en Elgin.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa