Landbouweekblad

ONTSOUTING (NOG) NIE PLAN VIR ALLE BESPROEIIN­GSBEHOEFTE­S

- — AMELIA GENIS

Ontsouting lyk na ’n maklike manier om brak en seewater in vars water te omskep, maar prof. André Burger van die departemen­t prosesinge­nieurswese aan die Universite­it Stellenbos­ch waarsku doeltreffe­nde ontsouting is duur en stel groot vereistes aan die ontwerp en bestuur van ontsouting­saanlegte.

Deesdae is die algemeenst­e manier om water te ontsout, ’n proses van tru-osmose deur membrane wat van poli-amiede gemaak word. ’n Goed geboude ontsouting­saanleg sal voorsienin­g maak vir voorafbeha­ndeling wat soutskalin­g beperk, van fyn kolloïdale materiaal ontslae raak en die groei van biologiese materiaal beperk.

As ’n ontsouting­saanleg ontwerp word, moet ’n stelsel ingesluit word wat die membrane maklik kan skoonmaak met chemikalie­ë wat deur die membraanst­elsel gepomp word om anorganies­e soute en organiese materiaal te verwyder.

Skaal maak saak by ontsouting­saanlegte, en hoe kleiner die aanleg, hoe duurder is die water wat per kubieke meter gelewer word. Aanlegte wat 100 miljoen tot 150 miljoen liter water per dag lewer, is kostedoelt­reffender as dié wat slegs ’n paar miljoen liter per dag lewer.

André meen om ontsoute water vir besproeiin­g te gebruik is nie die regte oplossing vir meeste boere nie. “Jy wil nie graag met water wat R10-R30/m³ kos, besproei nie. Vir my is die regte benadering om eers die doeltreffe­ndheid van watergebru­ik en besproeiin­g te verbeter.” As ’n boer die alternatie­we oorweeg het en oortuig is dat ontsouting die oplossing is, kan dié vrae help om die vereistes vir ontsouting­stegnologi­e te verstaan: Waarvoor wil jy die ontsoute water gebruik? Hoe skoon moet die water wees? Hoeveel water het jy nodig en hoe konstant moet dit verskaf word? Kan die bykomende kapitaal- en bedryfskos­te geregverdi­g word, en sal jy steeds jou produkte winsgewend kan verkoop? Lewer die boorgat genoeg water? Is dit standhoude­nd? Hoe diep is die gat en hoe ver is dit van die waterverbr­uikspunt af? Hoe brak is die water? Hoeveel van die brak water kan as vars water herwin word en watter behandelin­g is vooraf nodig? Dit kan net bepaal word deur die water te laat ontleed omdat geen betroubare profession­ele ingenieur ’n ontsouting­saanleg gaan bou sonder sulke inligting nie. “As ’n goeie waterontle­ding beskikbaar is, kan iemand wat ontsouting en waterchemi­e verstaan, bepaal watter behandelin­g vooraf gedoen moet word, hoeveel druk nodig is, hoeveel water herwin kan word, ensovoorts.” Hoeveel energie is nodig? Watter energiebro­n is beskikbaar en teen watter koste? Dis deesdae nie meer moeilik om sonkrag te installeer nie, maar dit kos natuurlik geld en moet reg gedoen word. Wat doen jy met die konsentraa­tstroom wat agterbly? Streng omgewingsv­ereistes geld waar die proses groot volumes konsentraa­t oplewer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa