Landbouweekblad

PASOP VIR OORBEMES

- MARLEEN SMITH

Suid-Afrikaanse saaiboere se produksiek­oste, veral vir stikstof, is van die hoogste ter wêreld. Die vingers wys in baie gevalle na oorbemesti­ng, en dit is belangrik om te weet hoeveel stikstof in die grond beskikbaar is voor jy nóg toedien.

Mnr. George Steyn van die Humanskraa­l-boerdery buite Ottosdal sê sy opbrengs van byna 9 ton mielies per hektaar met net 20 kg stikstofku­nsmis per hektaar wat vooraf toegedien is, is ’n openbaring.

Dié saaiboer in ’n moeilike omgewing met ’n wisselvall­ige klimaat hou daarvan om sy produksied­oeltreffen­dheid te meet in kilogram mielies geoes per millimeter reën.

Hiermee kan hy oor nat en droë produksiej­are heen bepaal of hy voor- of agteruit boer. George het in 2010 met geenbewerk­ing begin, en sy oes was 5,1 ton/ha met altesaam 634 mm reën (dus 8,4 kg/mm).

In 2017 het hy besluit om net 20 kg stikstof per hektaar toe te dien, saam met 15 kg fosfaat en 8 kg kalium. Dié spoggerige opbrengs was 8,9 ton/ha met ’n reënvaltot­aal van 608 mm. Hy het dus 14,6 kg mielies per mm reën geoes, met net 20 kg N per ha wat vooraf toegedien is.

Grondontle­dings ná die oes het gewys daar is nog 54 kg anorganies­e N per ha in die grond oor, reeds genoeg om sowat 3,6 ton mielies per hektaar sonder bykomende toediening te oes.

Hy meen die hoë opbrengs was danksy oordragsti­kstof van die voorafgaan­de twee droë jare. Verder moes sy oorskakeli­ng na geenbewerk­ing, wat die oorwerkte grond se struktuur die afgelope agt jaar help herstel

het, nog bygedra het.

Dr. Hendrik Smith, grondkundi­ge van die konsultasi­efirma Faktor², is oortuig daarvan dat Suid-Afrikaanse droëlandsa­aiboere meestal te veel kunsmis toedien, hetsy uit onkunde of weens ’n ongegronde vrees vir swak opbrengste.

“Omdat ons gronde oor dekades oorbemes is, is die P-agtergrond­waardes in die algemeen hoog. Boere kan met sukses net ’n beskeie hoeveelhei­d P toedien (gebandplaa­s met planttyd). Daar is altyd meer voedingsto­wwe in die grond vir plante beskikbaar as wat ontledings aandui, na gelang van klimaat (die hoofdrywer vir opbrengs) en grondtoest­ande, soos pH en biologiese aktiwiteit. Hierdie beginsel is keer op keer met plaasproew­e bevestig.”

Die ontleding van sewe verskillen­de lande se mielieprod­uksiekoste wys dat boere in Noordwes gemiddeld $52 (R738) aan stikstof bestee per ton mielies wat hulle oes. Dit is die heel hoogste van alle produksieg­ebiede waarvan statistiek­e ontleed is.

Daarteenoo­r is die Brasiliane se gemiddelde stikstofko­ste $18 (R255) per ton mielies en die Argentyne s’n net sowat $12 (R170) per ton mielies.—

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa