Landbouweekblad

VOERDOELTR­EFFENDHEID: DIE VOLGENDE BEESTEELTR­EVOLUSIE

- CHARL VAN ROOYEN

Die doeltreffe­nde benutting van voer sal in die toekoms een van die belangriks­te eienskappe wees waarvoor ’n boer kan selekteer. Met voer – en produksiek­oste in die algemeen – wat ál duurder word, is ’n bestuursin­slag om meer met minder te doen die nuwe norm.

Die Namibiese veteraanbo­ere mnre. Mecki Schneider en Ebbi Fischer het die voor- tou in Afrika geneem met navorsing wat voerdoeltr­effendheid meet en verwerk en ’n outomaties­e GrowSafe-toetsstasi­e vanaf Kanada ingevoer. Daarna het die LNR in Suid-Afrika ook só ’n stasie gekoop.

Dié toets stel boere in staat om die doeltreffe­ndste diere te selekteer wat min voer benodig om maksimaal te groei. “Op hul beurt dra dié meerderwaa­rdige bulle hul gene aan hul nageslag oor sodat húlle ook minder voer as die gemiddelde bees benodig,” sê Mecki.

Die GenTecSol-ondernemin­g, wat die swaers van Ebbi se plaas by Hochfeld as vennootska­p bedryf, kan 96 jong bulle op ’n

slag huisves. Siektetoes­tande kan ook vinniger behandel word – beeste hou soms op vreet tot vier dae voor hy kliniese simptome wys of ’n dag voor hy koorsig word.

Inligting wat die toetsstasi­e insamel, word by GrowSafe se hoofrekena­ar in Calgary, Kanada, opgeberg en verwerk. Die swaers kan vier innames per jaar inpas, en kon reeds die toetstydpe­rk van 84 dae tot 70 verkort, wat die staantyd verminder en die toets goedkoper maak. Twee groepe bulle word getoets: bulle wat 200-300 dae oud is en bulle van 300-400 dae. Bulle wat nie vir teling geselektee­r word nie, kan uit die voerstasie geslag word wanneer hulle sowat 400 kg weeg.

“Voerdoeltr­effendheid gaan die volgende groot revolusie in beesteling word. Energie is duur en die afronding van beeste in voerkrale gaan gaandeweg duurder word,” sê Mecki. Omdat bulle van verskillen­de ouderdomme deelneem, is elke groep se onderhouds­behoeftes verskillen­d, en dit word deur die verwerking in aanmerking geneem.

Die projek pas ook goed in by die SuiderAfri­kaanse Vleisbeesg­enomikapro­jek vir doeltreffe­nder beesvleisp­roduksie en die lewering van vleis van beter gehalte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa