Landbouweekblad

BULKRAG GEE STUKRAG AAN KUDDEPROJE­K

- JOHAN COETSEE

Genetiese verbeterin­g is een van die groot skakels in die ratwerk van veeboerder­y – en die gebrek aan goeie teelmateri­aal pootjie opkomende boere dikwels. Danksy ’n bulprojek, soortgelyk aan ’n inisiatief wat ’n eeu gelede tot noemenswaa­rdige kuddeverbe­tering gelei het, word ’n dertigtal bulle van uitstekend­e teelmateri­aal gebruik om die kuddes van nagenoeg 25 nuwe Wes-Kaapse boere te verbeter.

Prof. Tertius (Ters) Brand, spesialisw­etenskapli­ke by die direktoraa­t navorsing en tegnologie­se ontwikkeli­ngsdienste van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou op Elsenburg, sê met dié projek word wegbeweeg van die patroon dat nuwe beesboere hul kalwers van melkerye koop en dié teelmateri­aal vir vleisprodu­ksie gebruik.

Een van die boere, me. Mina Baron van die plaas Caledonia naby Hopefield, het reeds ’n rasegte Bonsmaraku­dde wat deur die projek tot nuwe hoogtes gevoer is. “Bulle is duur, en die bulprojek is die antdie woord om ons kudde vinniger te verbeter.” Op die plaas Middelpos naby Saldanha boer mnr. Gene February en sy vrou, Sharon, met 78 teelkoeie en ’n dertigtal kalwers. “Ons diere se gehalte is drasties aan die verbeter vandat ons aktief deel geword het van die bulprojek.”

Pryse het van gemiddeld R3 500 vir ’n kalf tot R9 000 verhoog, en die egpaar het ook al R12 000 gekry vir ’n koei van 600 kg, ’n dogter van een van die bulle. Boere wat aan die projek wil deelneem, word streng gekeur. Hulle moet minstens 20 koeie per bul besit en toegang hê tot grond, basiese infrastruk­tuur en genoeg mannekrag om beeste te kan hanteer en versorg.

Die bulle word teen ’n klein jaarlikse bedrag verhuur, en in die meeste gevalle hou die boere die vroulike kruisras-nageslag om die kuddes te verbeter.

Mnre. Christie Rheeder van die Nortierpro­efplaas en Chris van der Walt van Kromme Rhee bestuur die kuddes saam met Ters. “Nagraadse studente van die Universite­it Stellenbos­ch word gebruik om data in te samel om ondervindi­ng op te doen oor bedryf van ’n geregistre­erde vleisbeesk­udde.”

Die bulle is spesifiek uitgesoek om eienskappe, soos hoë vrugbaarhe­id by koeie en lae geboortege­wig by kalwers, in die kudde te vestig. “Ná twee tot drie jaar word die bulle ingetrek en omgeruil met nuwe bulle om inteling te keer.”

Nadat seker gemaak is die bulle is siektevry, kan hulle weer op ’n rotasiegro­ndslag aan ander boere beskikbaar gestel word. Só word beoog om ’n poel van uitsonderl­ike bulle op te bou wat tussen hierdie boere geroteer kan word. –

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa