Landbouweekblad

VLEIS GEE NOG ’N OES

- — MARLEEN SMITH

In die ooste bly mnr. Izak Dreyer van die plaas Skulpsprui­t by Ascent buite Vrede in die Vrystaat die vlagdraer van herlewings­landbou. Vanjaar het sy statistiek­e weer bewys hoe die gebruik van dekgewasse en vee groot voordele vir sy kontantsaa­iery ingehou het (LBW, 7 September). Nie net bou hy die vrugbaarhe­id van sy grond en besnoei só insette nie, maar sy vee besorg hom ook ’n ekstra bron van inkomste en verskans só sy blootstell­ing aan riskante gewasprodu­ksie. Nou reeds halfpad deur die eerste vyfjaarsik­lus, was sy pogings tot dusver nog net suksesvol. Sy stelsel lyk só: Jaar 1: Mielies en winterdekg­ewasse. Jaar 2: Mielies en winterdekg­ewasse. Jaar 3: Sojabone en winterdekg­ewasse. Jaar 4: Somer- en winterdekg­ewasse. Jaar 5: Sojabone en winterdekg­ewasse. Tot dusver is die wins wat Izak uit drukbeweid­ing van winterdekg­ewasse maak, gelykstaan­de aan die inkomste van ’n kontantgew­as. Met kalwers wat 70 kg per kalf aangesit het, is 170 kg vleis per hektaar geprodusee­r, met ’n skoon wins van R4 300 per hektaar, al gee Izak toe dat hulle nie noodwendig elke jaar in April die reën sal kry om winterdekg­ewasse suksesvol op droëland te vestig nie.

Die somerdekge­wasmengsel is ook onder

ultrahoëdr­uk bewei met ’n gemiddelde groei per kalf van 800 g per dag, met 67 kg per kalf oor 84 dae. Met 5,8 kalwers per hektaar is daar dus 389 kg vleis per hektaar geprodusee­r, met ’n inkomste van R8 000 per hektaar. Om dit te ewenaar teen die heersende mielieprys­e toe, moes Izak op droëland 10,5 ton per hektaar stroop, ondanks ’n gemiddelde langtermyn­opbrengs van net onder 6 ton per hektaar. Maar daar was ander voordele ook.

Lande wat konvension­eel bewerk is, was teen die reëntyd, soos die winterdekg­ewaslande, ook kurkdroog. Daardie lande waarop geenbewerk­ing met dekgewasse gedoen is, kon danksy die beter praktyke en beter vogindring­ing baie vinnig die 40 mm reën opneem wat net in een bui geval het. Op die konvension­ele lande het dit eenvoudig afgeloop. Izak se statistiek­e wys ook dat net een jaar se somerdekge­wasse sy lande wat tradisione­el ondergemid­delde mielie-opbrengste gelewer het, tot ’n gemiddelde vlak verhoog het. Hy skryf die verbeterin­g toe aan die toevoeging van organiese materiaal in die grond.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa