Landbouweekblad

KOOLSTOF BLY ’N STRYD

- — MARLEEN SMITH

In die droë weste wys mnr. George Steyn van die plaas Humanskraa­l by Ottosdal in Noordwes dat dekgewasse en die breër toepassing van herlewings­landbou ook in daardie wêreld se wisselvall­ige klimaat groot impak kan maak (LBW, 14 Desember).

’n Dekgewaspr­oef is in 2013 die eerste keer op een van sy eertyds konvension­ele

saailande geplant, vir die eerste keer met geenbewerk­ingtoerust­ing.

Sy reënval in die 2014-’15-seisoen was soortgelyk aan die neerslag-totaal van die 2017-’18-seisoen, maar die groot verskil was in opbrengste: 7,8 ton/ha in die jongste oes vergeleke met ’n skamele 750 kg/ha in 2014-’15.

Mnr. Gerrie Trytsman, onafhankli­ke navorser wat die uitgebreid­e herlewings­landbou-proewe op Ottosdal-plase vir hul plaaslike geenbewerk­ingklub behartig, meen verspreidi­ng van reënval oor die twee seisoene kon ’n rol gespeel het, maar dit verklaar nie alleenlik dié groot verskil in opbrengs nie.

George skryf sy sukses toe aan die drastiese opbou van organiese materiaal in sy grond deur die plant van dekgewasse en die ultrahoëdr­ukbeweidin­g van sowel die winter- en somerdekge­wasse met beeste.

Wetenskapl­ike navorsing elders het ook al bewys dat ten minste 1,1% tot 1,5% organiese koolstof in die wortelsone nodig is vir mikro-organismes om vrylik genoeg voedingsto­wwe te begin vrystel om ’n behoorlike oes te produseer, asook om waterverbr­uikdoeltre­ffendheid bokant 20 kg graan per mm reën te kry.

Proefresul­tate op Humanskraa­l wys dat ’n verhoging van 1% tot 3% organiese materiaal in die sanderige leemgrond van Noordwes die waterhouve­rmoë van die grond kan verdubbel, terwyl die invloed wat die opbou van organiese materiaal op plantbeski­kbare vog het, in sanderige grond proporsion­eel baie groter as in kleigrond is.

Die opbou van organiese materiaal in George se sanderige gronde bly ’n groot probleem. Die hoogste organiese materiaali­nhoud het op 2,4% gestaan op ’n land waarop lablab (dolicho’s) en babala mekaar opgevolg het. Die afgelope twee jaar het die organiese inhoud van die grond op dié land amper verdubbel, vanaf 1,3% tot die 2,4%.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa